Du Toit, Jacobus F

Eerw. Jacobus F. du Toit, 1895 — 1897.

Jacobus F du Toit

In die jaar 1895 het hierdie toegewyde jong broer saam met Eerw. en Mev. Vlok na die sendingveld gegaan en hy is ook saam met hulle na Livlezi gestuur. Hy was van ‘n liewe, sagte geaardheid en ‘n aller beminlikste persoonlikheid. Die inboorlinge was aan hom besonder geheg gewees. Hy was ‘n seun van die Worcesterse gemeente, van vrome ouers. Op Livlezi het hy ‘n sware aanval van swartwaterkoors gehad en het met Eerw. Vlok na Mkhoma gekom, om die nuwe stasie daar te stig. Hy was aan een van ons sendingdames verloof. Na sy aankoms op Mkhoma, waar die klirnaat veel koeler en gesonder is, het hy wel ligte aanvalle van koors gehad, maar was hart en siel in die werk en baie gelukkig omdat daar tekens van seën was in ons sendingwerk. Terwyl hy teenoor die volk altyd vriendelik en sag was, het hulle hom gerespekteer weens sy besliste houding. Sy dood op 30 Julie 1897, aan ‘n tweede aanval van swartwaterkoors, het ‘n baie groot indruk op die heidene gemaak, daar hulle gemeen het dat die witmense wat altyd preek oor die ewige lowe, dit reeds besit, en nie kan sterwe nie. Sy begrafnis is deur honderde bygewoon, en wat ‘n kontras was die stilte en eerbied met die gekerm en geskree wat altyd plaasvind by die begrafnis van een van hulle hoofmanne. (Bron: Murray, A.C. 1931. Ons Nyasa-akker – geskiedenis van die Nyasa sending van die Nederduits Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. p. 307-8)