du Toit, Jacobus Albertus

 

Gebore

2 Jan. 1979

OORLEDE

16 Okt. 2010

UNIVERSITEIT

 BDiac, BTh, MDiv (Lis Teologie)

GELEGITImeer

2004

ORDEN

2005

STANDPLASe

2005 Strydenburg

2006 Prieska

2008 Knysna

EMIRITEER

Ds Jacques Du Toit (BDiac, BTh, MDiv) 2 Januarie 1979 – 16 Oktober 2010

JacobusAlbertusdu Toit is op 2 Januarie 1979 gebore. Na matriek het hy die graad B.Diac. op Wellington ontvang, wat aan hom die geleentheid gebied het om mense op voetsoolvlak te bedien. Hierna het hy ‘n roeping ontvang om predikant te word en het hy na Stellenbosch vertrek. Hy was vanaf 2001 ‘n student aan die Fakulteit Teologie aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy die graad BTh behaal het en later ook die graad MDiv verwerf het. Aan die einde van 2004 is hy as proponent gelegitimeer.

Op 29 Januarie 2005 is hy met handoplegging in die NG Gemeente Strydenburg ontvang en bevestig. Pieter Wiid van Strydenburg skryf: “Hy het baie goed met mense oor die weg gekom en was baie lief vir die buitelewe.”

Daarna het hy ‘n beroep aanvaar na die NG Gemeente Prieska, waar hy op 5 Mei 2006 as medeleraar bevestig is. Ds Michael Rautenbach van Prieska vertel dat sy kollega jonk van gees was. Hy het ‘n passie vir sendingwerk gehad en jongmense het van hom gehou. Hy was ‘n passievolle leraar wat altyd net sy beste in Koninkryksdiens gegee het.

Ds Jacques en sy vrou, Dorianne, het op 1 Augustus2008 hulle bediening in die NG Gemeente Knysna begin, waar hy op 16 Oktober 2010 tragies in ‘n motor- fietsongeluk oorlede is. Ds Jacques is op die toneel oorlede, en sy vrou is ook ernstig beseer en in die hospitaal opgeneem. Die skriba, mnr. Werner Wiehahn, getuig: “Hy was baie gewild in die gemeente. Oud en jonk was lief vir hom. Motorfietse was vir hom ‘n stokperdjie, maar soms het hy dit ook vir werk gebruik.”

Jacques en Dorianne het mekaar op Wellington leer ken toe hulle studente was aan die Hugenote-Kollege. Sy werk op Knysna as maatskaplike werker en die egpaar het geen kinders nie.

Sy kollega, ds Christo Landman, skryf: “Hy was ‘n baie goeie dominee. Motorfietse was ‘n groot liefde vir hom. Dit is tragies dat hy so tot sy einde moes kom.” Hy is onder blyk van groot belangstelling op Saterdag 23 Oktober 2010 vanuit die kerksaal van die NG Gemeente Knysna begrawe.

Dorianne du Toit vertel dat haar man baie lief was vir kruise: “Die kruis was die middelpunt van sy bestaan, dushet ek gedink om een van die hardepeer vir hom te laat maak.” —Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek ).