Gebore
6 Okt. 1856
OORLEDE
9 Jan. 1947
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1881
ORDEN
1882
STANDPLASe
1887 Lichtenburg
1904 Richmond
EMIRITEER
1930
Ds. Hendrik Johannes Louw du Toit is op 6 Oktober 1856 te Stellenbosch gebore. Sy wetenskaplike vorming het hy op die ou “Victoria College” ontvang. Hy was die eerste van ons predikante wat in sy vaderland ‘n graad behaal het, en verder was hy ook die eerste student in Suid-Afrika wat ‘n M.A.-graad in Matesis behaal het. Hoewel hy op die gebied van die Natuurkunde ‘n veelbelowende pos kon beklee het, het hy verkies om in die Teologie te studeer. In die jaar 1881 is hy as predikant gelegimiteer en die jaar daarop is hy op 11 November 1882 as predikant van Potchefstroom georden en bevestig. Dit was ‘n veelbewoë tydperk in die Suid-Afrikaanse Republiek, maar met beginselvastheid en deeglike bearbeiding het hy die gemeente goed gelei. In 1887 het hy ‘n beroep na Lichtenburg aangeneem. Gedurende sy dienstyd in Transvaal het hy op belangrike kommissies gedien en was hy voorsitter van agt Sinodes gedurende 1883 tot 1897. In 1904 het hy ‘n beroep na Richmond aangeneem en die gemeente tot 1930 bedien toe hy sy emeritaat aanvaar het. ‘n Buitengewone lang arbeidstermyn was aan hom beskore ruim 48 jaar waarvan hy 25 jaar in sy laaste gemeente deurgebring het. Sy arbeid was steeds gekenmerk deur toegewyde getrouheid en diepe erns. In die hoë ouderdom van 90 jaar is hy op 9 Januarie 1947 oorlede. (Jaarboek ).