Du Toit, Evert Johannes

 

Gebore

26 Nov. 1900

OORLEDE

5 Jun. 1972

UNIVERSITEIT

B.A., B.D., US

GELEGITImeer

1926

ORDEN

1927

STANDPLASe

1927 Wellington (Hpr.)

1928 Venterstad

1930 Bloemfontein-Oos

1935 Boshof

1939 Wellington

1950 Hoof, Hugenote-Kollege

EMIRITEER

1968

Ds. Evert Johannes du Toit sal altyd as die bekwame en ywerige eerste hoof van die Hugenote-Kollege op Wellington onthou word. Hy is op 26 November 1900 in Tulbagh gebore, waar hy ook skoolgegaan het. Na die voltooiing van sy universiteit- en teologiese studie op Stellenbosch einde 1926; begin hy sy bediening in. 1927 as hulpleraar in Wellington. Sy ander gemeentes was Venterstad (1928); Bloemfontein-Oos (1930) en Boshof (1935); voordat hy in 1939 na Wellington terugkom. Hier werk hy met vrug tot einde 1949 en begin 1950 aanvaar hy sy taak as rektor van die Kollege. Te midde van sy veelvuldige administratiewe en doseer pligte, besoek hy talle gemeentes om veral vir die sterk beursfonds wat hy vir die inrigting beoog het, bydraes in te samel. Na sy aftrede in 1968 bly hy steeds met die arbeid in gemeentes behulpsaam en pas was hy vir afloswerk in sy ou gemeente Boshof terug, toe hy in die nag van 4/5 Junie 1972 skielik tot hoër diens opgeroep is. (Jaarboek 1973/465).