Gebore
15 Des. 1905
OORLEDE
24 Okt. 1968
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1934
ORDEN
1936
STANDPLASe
1936 SomersetWes (Hpr.)
1938 Ficksburg (Hpr.)
1940 Lichtenburg
1942 Leeudoringstad
1946 Randpoort
1961 Knysna
EMIRITEER
–
Ds. Daniël Nicolaas Johannes du Toit is op 15 Desember 1905 gebore en in 1934 gelegitimeer. Daarna was hy agtereenvolgens hulpprediker op Somerset-Wes en Ficksburg, en predikant van Lichtenburg, Leeudoringstad, Randpoort, Knysna en Philippolis. Die dag voor sy dood het hy nog ‘n vergadering van die hoofbestuur van Carfo in Pretoria bygewoon. Op 24 Oktober 1968 is hy in die ouderdom van 62 jaar in Pretoria skielik aan ‘n hartaanval oorlede. (Jaarboek 1970/461).