Gebore
21 Febr. 1842
OORLEDE
12 Febr. 1932
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1869
ORDEN
1869
STANDPLASe
Hanover (afgeskeie gem.)
1874 Pearston
1875 Kruisvallei
1883 Herv. Kerk, Tvl.
EMIRITEER
1919
Ds. Charl Wynand du Toit, gebore 21 Februarie 1842 in Daljosafat, is in die hoë ouderdom van neentig jaar as emeritus-leraar van die Ned. Hervormde Kerk op Johannesburg oorlede. Aan die Stellenboschse Kweekskool opge-lei vir diens in die Ned. Geref. Kerk en in 1869 gelegitimeer, was sy offisiële band met die Kerk van korte duur, daar hy, gedurende die eerste veertien jaar van ampsbediening, met uitsondering van slegs een jaar op Pearston (1874-1875) in gemeentes buite kerklike verband gearbei het, t.w. Hanover (1869-1874) en Kruisvallei (1875-1885); In 1855 het hy hom aangesluit by die Ned. Hervormde Kerk in Transvaal en haar met bekwaamheid en toegewydheid op Potchefstroom gedien tot 1918, toe hy op pensioen afgetreë het. Hy was sag, kinderlik en opgeruimd van aard en kon as ‘n bekwame en ernstige evangelieprediker uit, sy ruime skat van ondervindinge en herinneringe veel interessants en oorspronkliks te voorskyn bring. Hy het ‘n diep besef gehad van die onuitspreeklike liefde en genade van God, en waar hy die geleentheid gekry het om dit bekend te maak, het hy dit met vreugde, selfs tot kort voor sy salige heengaan gedoen. (Jaarboek ).