Gebore
5 Jul. 1904
OORLEDE
29 Aug. 1981
UNIVERSITEIT
–
GELEGITImeer
1935
ORDEN
1937
STANDPLASe
1937 Clanwilliam
1949 Eppingtuin
EMIRITEER
1970
Ds Charl Du Toit (5 Jul. 1904 – 29 Aug. 1981) is uit ‘n baie ou en gesiene Koue Bokkeveldse familie in die Ceresdistrik gebore. Met st 6 is hy uit die skool, om eers op omtrent 20-jarige leeftyd vir sy “skool hoër” en matriek na die hoërskool op Ceres te gaan. Nadat hy aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer en sy teologiese opleiding aan die Kweekskool geniet het, is hy in 1935 gelegitimeer. In sy eerste vaste gemeente, Clanwilliam, word hy 4 Sept. 1937 georden en bevestig. Byna twaalf jaar later neem hy die herderstaf in Eppingtuin by Kaapstad op en daar arbei hy meer as 20 jaar in stilte maar met getrouheid totdat hy op 31 Jan. 1970 aftreë. Sedertdien het hy en mev Du Toit in Labiance (Bellville) gewoon en daar is hy ook oorlede, nadat hy sowat agt jaar heelwat met sy gesondheid gesukkel het. Die oudste van hul vier seuns is ds N J du Toit van Moorreesburg. Daar is van hom gesê dat hy ‘n ware herder was wat die belange van sowel die skape as die lammers van sy kudde op die hart gedra en die armes en krankes ook nie vergeet het nie. Sonder dat hy versuim het om mense ernstig maar liefderik te betug waar dit nodig was, het hy vrede nagestreef en bewaar. (Jaarboek 1983/260).