Du Toit, Charl Guillaume Rocher

 

Gebore

20 Aug. 1886

OORLEDE

8 Mei 1967

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

1912

ORDEN

1913

STANDPLASe

 1913 Delarey

EMIRITEER

1918

Ds. Charl Guillaume Rocher du Toit is op 20 Augustus1886 gebore en in 1912 gelegitimeer. Hy was van 1913 tot 1918 predikant van Delareyville. Toe het sy spraak ingegee en het hy sy emeritaat aanvaar. Hy het egter op ‘n ander wyse in die diens van die kerk gebly: baie jare lank was hy die scriba van die moedergemeente van Stellenbosch ‘n werk wat hy met toewyding en nougesetheid verrig het, terwyl sy omgang met die gemeente van minsaamheid en opregte Christelikheid getuig het. Op 8 Mei 1967, toe hy na ‘n Pinksterbiduur in die Strand op pad huis toe was, is hy deur ‘n motor omgery en is as gevolg daarvan oorlede. Hy was 80 jaar oud. (Jaarboek ).