Du Toit, Albert Grobbelaar

Ds. Du Toit Albertus

Gebore

11 Jul. 1862

OORLEDE

27 Mrt. 1938

UNIVERSITEIT

B.A., B.D., US

GELEGITImeer

1888

ORDEN

1890

STANDPLASe

Carolina

EMIRITEER

Ds. Albert Grobbelaar du Toit is op 11 Julie 1862 in die distrik Graaff-Reinet gebore. Na gevorderde opleiding aan die Victoria-kollege en die Kweekskool te Stellenbosch het hy einde 1888 die proponentseksamen afgelê en is na Edinburgh, Skotland, waar hy die B.D.-graad behaal het. By sy terugkeer na Suid-Afrika was hy ‘n tydjie hulpprediker in Kaapstad en in 1890 is hy bevestig as leraar van Carolina. Tot 1923 het hy hier met veel ywer gearbei en moes toe weens toenemende doofheid sy emeritaat aanvaar. Met sy kinders het hy vanaf 1926 in Pretoria gewoon, en is na ‘n ongesteldheid van vyf weke daar op 27 Maart 1938 oorlede en te Carolina begrawe. (Jaarboek ).