Du Raan, Christoffel Jacobus

 

Gebore

1914

OORLEDE

26 Aug. 1948

UNIVERSITEIT

GELEGITImeer

1943

ORDEN

1944

STANDPLASe

Loeriesfontein

1947 Citrusdal

EMIRITEER

Ds. Christoffel Jacobus du Raan, C.J.-seun is ‘n seun van die gemeente Strydenburg waar hy op 22 Maart 1914 gebore is. Hier het hy ook sy skoolopleiding ontvang en te Stellenbosch het hy sy B.A.-graad verwerf. Die roeping om predikant te word was by hom helder en duidelik en hoewel daar baie moeilikheid oorkom moes word om aan die roepstem gehoor te gee, het hy met taaie volharding oorwin en is hy aan die einde van 1943 gelegitimeer. Hy het dadelik as ‘n hulp na Calvinia gegaan en ‘n hele aantal beroepe ontvang waaruit hy die na Loeriesfontein aangeneem het. Op 3 Junie 1944 is hy georden en bevestig en het met veel seën gewerk tot 1947 toe hy ‘n beroep na Citrusdal aangeneem het. Sy bediening was gekenmerk deur toegewyde arbeid en lewe. Sy hoë sedelike erns en sy beminlike geaardheid het vele tot hom getrek. Veel is daar nog van hom verwag maar sy hemelse Vader het hom in die volle bloei van sy Iewe weggeroep. Hoewel sy arbeidsdag kort was, het hy veel gedoen en die ewigheid sal dit openbaar. Na ‘n tragiese skietongeluk is hy op 26 Augustus 1948 oorlede. (Jaarboek).