
Gebore
28 Sept. 1905
OORLEDE
9 Feb. 1973
UNIVERSITEIT
M.A., Th.Dr
GELEGITImeer
1933
ORDEN
1935
STANDPLASe
1935 Heidelberg, Tvl. (Hpr.)
1936 Heidelberg, Tvl.
1942 Waterval
1946 Prof. Teol. Fakulteit, Pretoria
EMIRITEER
1970
Prof. dr. Andries Bernardus(Abe) du Preez, wat ‘n kwarteeu lank hoogleraar in die dogmatologiese vakke aan ons kerk se teologiese fakulteit in Pretoria was, beswyk 9 Februarie 1973, slegs twee jaar na sy aftrede, aan ‘n hartaanval. Hy was ‘n seun van die gemeente Senekal waar hy 28 September 1905 gebore is. Na sy studiejare aan die Universiteit en die Kweekskool op Stellenbosch, gaan hy na die Vrije Universiteit in Amsterdam, waar hy in 1933 met lof promoveer. Dieselfde jaar word hy op Stellenbosch gelegitimeer en nadat hy eers as hulpprediker in Heidelberg (Tvl.) gedien het, word hy Desember 1936 die bekende ds P J Viljoen se medeleraar aldaar. Vroeg 1942 vertrek hy na Waterval en Maart 1946 aanvaar hy sy pligte as teologiese professor. Sedertdien lewer hy ‘n reusebydrae tot die geestelike en teologiese vorming en toerusting van talle leraars vir ons kerk. Reeds as jong predikant het hy hom vir die opheffing van sy minderbevoorregte volksgenote beywer en ook later tree hy as onvermoeide kampvegter op in belang van die Afrikaanse kultuurstrewe en die behoud van ons volk se sedelike norme. Terwyl hy hom heelhartig in sy akademiese werk werp, toon hy steeds ‘n lewende belangstelling in die praktiese kerklike lewe en ontwikkeling en neem hy self met kenmerkende ywer daaraan deel. Van talle sinodale en ander kerklike kommissies was hy lid en ten tyde van sy uittrede dien hy nog die Noord-Transvaalse sinode as aktuarius. Oral en altyd het hy sy saak met oortuiging en gloed gestel en verdedig. Uit sy pen het daar ‘n groot aantal artikels – ook oor ‘n verskeidenheid van omstrede sake – en verskeie boeke gevloei. Na sy aftrede het hy rustig in die distrik Rustenburg geboer. (Jaarboek 1974/F1).