Du Plessis, Magarenus Lategan

 

Gebore

18 Sept. 1951

OORLEDE

25 Des. 2010

UNIVERSITEIT

BA, BTh, US

GELEGITImeer

1982

ORDEN

1983

STANDPLASe

1983 Port Nolloth

EMIRITEER

2002

Ds RenusDu Plessis (BA, BTh) 18 September 1951 – 25 Desember 2010

MagarenusLategan du Plessis is op 18 September 1951 in die distrik Wolseley gebore as die jongste van ses seuns. Hy was tot die einde van sy lewe ‘n boerseun wat lief was vir die grond. Sy vader Charl Philipus, het aanvanklik in die distrik Tulbagh en later in die distrik Wolseley geboer. Sy moeder, Gretha Lategan, het in die omgewing van Piketberg grootgeword.

Renushet sy skoolopleiding op Wolseley begin en daar gematrikuleer. Hy was ‘n goeie sportman wat veral in tennis uitgeblink het. Hierna het hy in Boland Bank gewerk in die Strand waar hy intens betrokke was by Straatwerk en ‘n besondere pad met ds Pietie Victor gestap het. Hy was ook betrokke by die werk van die ACSV en het geroepe gevoel tot die evangeliebediening.

Nadat hy die graad BA (Admissie) in 1979 behaal het, het hy toegang tot die Fakulteit Teologie op Stellenbosch gekry. Hier het hy die graad BTh voltooi en wonderlike tye in die Kweekskool beleef. Aan die einde van 1982 is hy as proponent gelegitimeer. In sy studentedae was hy werksaam by die Kweekskool-biblioteek, wat bygedra het tot sy liefde vir boeke.

Prop Renusdu Plessis is in 1983 na die NG Gemeente Port Nolloth beroep, ‘n besondere gemeente in die diamant wêreld van Namakwaland. Hierdie gemeente het ook dorpies soos McDougallsbaai en Kleinzee ingesluit. (Laasgenoemde het later afgestig.) As ‘n mens-dominee was hy besonder betrokke by die geestelike welsyn van die gemeente en ook nou betrokke by die Stranddiens kampe op McDougallsbaai. Na twintig jaar op Port Nolloth het ds Renusse gesondheid in so ‘n mate verswak dat hy in 2003 verplig was om emeritaat te aanvaar.

Ds Renusdu Plessis is in 1983 met Gezina Pool, ‘n onderwyseres, getroud. Uit die huwelik is twee seuns gebore: Ruan en Henk.

Na die aanvaarding van sy emeritaat in 2003 het Renusen Gezina hulle in die Paarl gevestig, en in 2006 het hulle na Stellenbosch verhuis. Hy het in verskeie gemeentes uitgehelp met preek werk. Nadat ds PFC Pieterse die bediening op Pofadder in Boesmanland verlaat het, het die kerkraad ds Renusgevra om twee maande lank in die vakature op Pofadder uit te help. Gezina skryf oor haar man: “Renushet sy `roeping-sirkel op 25 Desember 2010 op Pofadder voltooi. Terwyl hy die Kersdiens waargeneem het, is hy op die preekstoel na ‘n massiewe hartaanval oorlede.” Dit was ‘n geweldige skok vir die familie en die gemeente van Pofadder.

Ds Tallie van der Heever van Springbok skryf: “Op Sondag 31 Oktober 2010 het ‘n oud-kollega by ons kom oorslaap. Hy het sy bediening in 1983 in ons Ring op Port Nolloth begin, waar hy in 2003 uitgetree het vanweë mediese ongeskiktheid. Ons het hom toe geken as ‘n lojale kollega, soms byna blind lojaal. Hy was altyd die een met die beste idees vir ‘n kinderdiens. Hy was altyd so netjies eietyds aangetrek. Hy was op pad Pofadder toe om vir drie maande daar te gaan aflos. Hy was opgewonde oor die geleentheid wat hy gekry het om iets te gaan beteken vir mense. Die uittrede, sê hy, het hom so onbruikbaar en nutteloos laat voel. Ons het gesels oor sy hartstilstand ‘n tyd gelede op Nuweland, maar hy het gesê hy voel weer byna jonk en gesond.

“Pofadder het sy eie uitdagings, maar die effense vrees vir wat wag het gewyk voor die energie van ‘n nuwe uitdaging. Oor die volgende weke het ons telkens verneem dat dit goed gaan met hom en met die gemeente. Hy doen huisbesoek en nogmaals huisbesoek en hy preek. Die Here gebruik hom en hy voel bruikbaar, nuttig.

“Op Kersoggend 25 Desember 2010 preek hy oor die Lig van die wêreld’, onverwags breek die aardse einde vir hom aan terwyl hy preek. So van onder die son kan ons dalk sê: Hy moes nie kom aflos het nie, hy het te hard gewerk aan die huisbesoek, die spanning van die bediening was vir sy swak hart te veel. Daar is egter ook ‘n ander kyk: Die Here het aan een van ons kollegas so teen die laat namiddag ‘n geleentheid gegee om op Pofadder die dag se werk af te handel voordat hy huis toe gaan. Vir Pofadder was dit goed, gaan vra hulle.” – Dr Gerdrie van der Merwe. (Jaarboek ).