Du Plessis, Johannes Christian

Ds. Du Plessis Johannes

Gebore

21 Okt. 1864

OORLEDE

10 Jun. 1949

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1890

ORDEN

1891

STANDPLASe

Elliot

EMIRITEER

1933

Ds. Johannes Christian du Plessis is gebore op 21 Oktober 1864. Na sy kweekskool-kursusis hy aan die einde van 1890 gelegitimeer. Hy het eers as hulpleraar te Wellington opgetree en in 1891 is hy te Elliot bevestig. Hy was die eerste gevestigde predikant van ons Kerk in Tembuland en Griekwaland-Oos en hier sou hy sy lewenstaak verrig want vir 42 jaar was hy te Elliot werksaam en het hy lief en leed met die gemeente gedeel. Hy het hom daarop toegelê om die lidmate geeselik toe te rus, maar daarbenewens het hy ook hul tydelike welvaart op die hart gedra en gedoen wat hy kon om hulle vooruit te help. Hoewel hy meer as genoeg werk gehad het om sy verstrooide gemeentelede te bearbei, het hy ook baanbrekerswerk vir die Sending van ons Kerk gedoen. In werklikheid was hy die man wat die eerste sendingwerk in die Transkei begin het. Hy het sy eie evangelis opgelei wat vir 30 jaar getroue werk onder sy eie mense gedoen het. Sy bediening was vrugbaar omdat dit met toegewydheid en getrouheid verrig was. Hy was ‘n beminlike karakter, vol van belangstelling in sy medemens en die werk van sy Meester. In 1933 het hy sy emeritaat aanvaar en op 10 Junie 1949 is hy oorlede. (Jaarboek ).