Du Plessis, Jean Prieur

 

Gebore

12 Jan. 1915

OORLEDE

08 Okt. 1996

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1939

ORDEN

1941

STANDPLASe

1941 Oos-Londen

1944 Komga

1946 Ceres

1954 Southfield

1957 Sondagskoolsekretaris

EMIRITEER

Ds Jean Prieur Du Plessis BA 12 Jan. 1915 – 08 Okt. 1996

Ds Jean Du Plessis of `Oom Jean’ soos talle van die destydse `Sondagskoolkinders’ van die jare 1960 tot 1980 hom geken het, het op Dinsdag 8 Oktober 1996 sag heengegaan in die ouderdom van 81 j aar.

Hy is op 12 Januarie 1915 naby Greyton gebore en het in 1932 aan die Paarl Gimnasium gematrikuleer. Hy is vir sy teologiese studies na die Universiteit van Stellenbosch waar by in 1932 gelegitimeer is.

Sy eerste gemeente was Oos-Londen waar by vanaf 1940 eers hulpprediker is. Vanaf 21 Februarie 1941 is by leraar van Oos-Londen, waarna by ook die gemeen- tes Stutterheim, Ceres en Southfield bedien.

Op 18 Desember 1943 trou by met Elsa de Waal van die Paarl. Uit die huwelik is een seun en drie dogters gebore. Twee van die dogters is egter onderskeidelik in 1970 (Marita) en 1979 (Elizabeth) oorlede.

Hy dien reeds vanaf 1946 in die destydse Sinodale Sondagskool-kommissie en op op 15 Sept 1957 word by as Sondagskool- sekretaris beroep, met werkkring Kaap- land en Suidwes-Afrika (Namibie); Hy het duisende kilometers afgele deur gemeentes te besoek, dienste te hou, Sondagskole toe te spreek en kursusse vir die Sondagskool-onderwysers ‘ te hou. Aangesien hierdie werk ook onder die Algemene Jeugkommissie (destyds nog die Gefedereerde Sondagskoolkommissie) geressorteer het, het hy ook in hierdie liggaam gedien en moes by talle kere na Bloemfontein vir vergaderings gaan. So het hy ook deel gehad aan onder meer die opstel van die Gefedereerde Sondagskool- kommissie se Katkisasieboek.

Hy kon dustalle staaltjies vertel van sy uitgebreide besoekwerk en het talle briewe van kinders ontvang met kindergroete, vrae en liefdesbewyse. Al hierdie briewe het by persoonlik beantwoord en die jongmense wat soms in nood aan horn geskryf het, met begrip, raad en liefde bygestaan.

Die Ned Geref Kerk se godsdienstige opvoeding van die jeug was vir hom van die grootste belang en by het ‘n wonderlike verhouding met die kerkjeug opgebou.

Hy was ‘n prediker wat getref het. Met sy helder, mooi en kalm stem het by meelewing en kalmte in die toehoorder se gemoed gebring. Daarby was by ook, met sy golwende hare, ‘n werklike mooi man, innerlik en uiterlik. Hy het graag sy boodskap begin deur die vaste oortuiging te stel dat ‘n kerk wat op kindervoetjies vorentoe beweeg, ‘n kerk met ‘n toekoms is.

Na ‘n vrugbare bediening van 40 jaar tree by op 30 Junie 1980 af.

Tot ongeveer drie jaar gelede het by nog goeie gesondheid geniet, maar toe skielik agteruit gegaan. Hy is met groot liefde eers tuis op Kleinmond versorg, maar word op 13 September 1995 by SOFCA as pasient opgeneem. ‘n Week voor sy dood het by nog vir die ander pasiente en die personeel, op sy eie versoek, ‘n gebed gedoen en is almal aangegryp deur die suiwer en innige manier waarop by vir hulle gebid het.

Op 5 Oktober 1996 het by ‘n beroerte gehad en nie weer sy bewussyn herwin nie. Hy is op 8 Oktober stil oorlede.

‘Oom Jean’ was ‘n nederige mens wat sy pad reguit en met onderskeiding geloop het. Hy was ‘n ware gesinsman wat bereid voorsitter van die Begrotings-kommissie. Vanaf 1973 tot 1976 is hy voorsitter van die Sinodale Jeugkommissie en daarna as deskundige lid tot in 1990.

In hierdie tyd tree hy ook op as voorsitter van die Jeug-tot-Jeugaksie, ‘n gebeurtenis wat soos ‘n geestelike vloedgolf deur Oos-Kaap gespoel het. Ook op die terrein van die Diens van Barmhartigheid het hy sy tyd en kragte met oorgawe gegee, veral ten opsigte van die inrigtingsorg van die kerk. Vir etlike jare was hy direkteur van die Oos-Kaapse Behuisingsmaatskappy wat verantwoordelik was vir die vestiging en bestuur van die kerk se inrigtings in die Oos-Kaap. Hy is voorsitter van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) (1980 tot 1989) en lid van die Beheerraad van die CMR van Port Elizabeth. Hy dien plaaslik ook vir baie jare as voorsitter van die Bestuur van Huis Louisa Meyburg en van Wielie Walie’ .

Veral vier terreine van sy diens aan die kerk in die Oos-Kaap verdien besondere vermelding:

  • As voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Administrasie het hy ‘n kernrol gespeel in die aankoop van die grond en die uiteindelike oprigting van die Sinodale Gebou. As voorsitter van die Boukommissie, het hy geen tyd of kragte ontsien om hierdie opdrag van die sinode uit te voer en so ‘n mooi ideaal van die kerk in die Oos-Kaap te verwesenlik nie. Vandag is die gebou nie net ‘n eer en trots vir die sinode waarvoor ons die Here dank nie, maar dit is ook ‘n besondere bate en in ‘n sekere sin ‘n monument vir Tjoks de Vos.
  • Wat die jeugkampterreine betref, en in besonder die Suurbergterrein, het ds De Vos, saam met sy vriend, ds Dave Marais, wat horn vooruitgegaan het, ‘n rol gespeel wat nie maklik met woorde beskryf kan word nie. Vir hierdie tweemanskap was die heil van die jeug in die Oos-Kaap so ‘n passie dat hulle alles feil gehad het om die mooi geriewe wat vandag daar is, moontlik te maak.

Hulle rol in die Suurbergterrein lees soos ‘n sprokie: eers die aankoop van die grond sonder ‘n sent wat beskikbaar was, toe die aanry van die materiaal met twee elfton-vragmotors oor honderde kilometers vanaf Groot-Brakrivier, toe die hon- derde Maandae wat hulle op die terrein gaan werk het en vuil en natgesweet tuisgekom het, uiteindelik die sink van ‘n boorgat waarsonder die kampterrein nie kon funksioneer nie. Dit alles met een doel voor oe, naamlik dat voorsiening gemaak moet word vir die geestelike versorging van die jeug in Oos-Kaapland. Die wonderlike is dat Tjoks de Vos tot in Mei 1995 nog hierby betrokke was.

  • Hy dien ook in die Kommissie vir Begeleiding van die Universiteit van Port Elizabeth-studente, die Beheerkomitee van die Voor-teologiese Studentebeursfonds, en die Beheerraad van Kaap Recife Hoerskool vir Buitengewone Onderwys. In die destydse Kerk-Jeugvereniging reel hy heerlike sangaande, toneelopvoerings, basaars en pannekoekaande, soms sommer in die pastorie.
  • Daar is egter nie klaar gepraat oor die bediening van ds De Vos, as ‘n mens nie ook melding maak van horn as leraar en mens nie. Sy eg menslike optrede op en onder die kansel, sy heerlike humorsin en sy vermoe om aan beide ems en luim die regte plek te gee, was iets wat nie maklik vergeet sal word nie. Sy liefde vir kinders het onder meer tot uiting gekom in sy kinderpreke wat hy laat lewe het met praktiese hulpmiddels. Tog het hy nooit sy passie en visie in die bediening verloor nie. Wat die moeite werd was om gedoen te word, was vir horn altyd die moeite werd om goed gedoen te word. Saam met sy vrou het hy altyd die allerbeste aan sy kerk, sy medemens, sy gesin en sy God gegee.

Wat by gedoen het, hoef nie met verhale of biografie beskryf te word nie, omdat dit reeds in soveel lewens geskryf staan.

Hy was ook kultuurmens wat baie waarde aan sy verlede geheg het en geglo het dat sy yolk se kultuurskatte bewaar moet bly. Hy was ook gesinsman wat sy kinders en kleinkinders met liefde gekoester het.

By dit alles was hy ‘n bedrewe hengelaar wat die see geken het, n goeie skut en was om alles vir sy gesin te doen. Sy nagedagtenis leef voort in die hart van sy gesin en in die harte van duisende Sondagskoolkinders en hulle ouers.

Hy word oorleef deur sy eggenote, Elsa, sy seun, prof Prieur du Plessis van Stel- lenbosch, en sy dogter, Madeleine Swart van Beliville. – (Madeleine Swart, dogter, aangevul deur dr D J Viljoen) (Jaarboek ).