
Gebore Dordrecht, 1914. Vader was onderwyser. Het skoolgegaan op Stella, Providence (naby Bethulie), Greeffdale (naby Border), Flaauwkraal (dist. Aliwal-Noord) en later Grootkop (naby Windsorton). Matrikuleer te Christiana en verder bekwaam as onderwyser Pretoria Normaalkollege en gegradueer Pretoria Universiteit.
Tien jaar lank skoolgehou Standertonse Hoërskool (1933 tot 1944). Vandaar op uitnodiging van wyle ds Henry Murray, na Mashonaland. Na ses maande op Morgenster na Makumbe verplaas.
Getroud met mej Mara Louw, April 1947. Kinders: Aletta Jacoba (3 Januarie 1949) en James Elric (28 Februarie 1951).
Bekering Augustus 1938 onder bearbeiding van mej. Esperance Hamman (nou mev. ds. Kelber). Het van die begin af belanggestel in die sieleheil van die naturelle. Vir etlike jare plaaslike sendingwerk gedoen. In 1944 op aanmoediging van die matrone van die meisieskoshuis te Standerton besluit om sendeling te word. Later in die jaar het ds. Henry Murray daarvan gehoor en ‘n uitnodiging gestuur. So is dan bepaal dat Mashonaland die sendingveld sou wees.
Bron: Olivier, P.L. 1952. Wie is wie in ons sendingvelde? p. 34
PS James du Plessis is later jare ‘n wiskunde-onderwyser aan die Hoërskool Jagersfontein en sy eggenote Mara die voedseldiensbestuurder by die provinsiale hospitaal.
