Gebore
31 Okt. 1874
OORLEDE
14 Nov. 1947
UNIVERSITEIT
B.A., B.D. US
gelegitimeer
1906
ORDEN
1906
STANDPLASe
1906 Kaapstad
1915 Calitzdorp
1926 Riversdal
EMIRITEER
1939
Ds. Gerrit Johannes du Plessis is op 31 Oktober 1874 te Burgersdorp gebore alwaar hy sy eerste skoolopleiding ontvang het. Aan die ou Victoria-Kollege het hy sy B.A.-graad verwerf, en daar hy onderwyser wou word is hy na die Normaalskool te Kaapstad. Hierna het hy aan die Gill-Kollege op Somerset-Oos, op Montagu, Robertson en later as dosent en huisvader aan die Normaalskool onderwys gegee. Na ses-en-‘n-half jaar in die onderwys het hy na Edinburgh (Skotland) vertrek om in die teologie te studeer, waar hy ook sy B.D.-graad verwerf het. Hy het verskeie beroepe in Skotland ontvang, maar hy het na sy vaderland teruggekeer en is in 1906 gelegitimeer en nog dieselfde jaar is hy as sewende predikant van Kaapstad, met standplaas Observatory, georden en bevestig. In 1912 het hy ‘n beroep na die Nieuwe Kerk, Kaapstad, aangeneem. Na ‘n bediening van drie jaar is hy na Calitzdorp, waar hy tot 1926 gearbei het toe hy ‘n beroep na Riversdal aanvaar het. Sy laaste gemeente het hy bedien tot 1939 toe hy sy emeritaat aangevra het. Sy bediening was ‘n vrugbare en geseënde. In sy gemeentes was hy geliefd. Hy was ‘n groot kindervriend en het jarelank op die Sondagskool-kommissie gedien. Dan het hy ook gedien op die Admissie eksamenkommissie. Van sy hand het verskeie boeke van Christelike aard verskyn. Hy is op 14 November 1947 oorlede. (Jaarboek ).