Du Plessis, Abraham Jacobus

 

Gebore

17 Aug. 1926

OORLEDE

16 Sept. 1995

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1950

ORDEN

1951

STANDPLASe

Kestell

1957 Clocolan

1959 Wepener (werkkring Basoetoeland)

1963 Dewetsdorp

1967 Leribe

EMIRITEER

1984

Ds Abraham JacobusDu Plessis 17 Aug. 1926 – 16 Sept. 1995

Ds Abraham du Plessis is op 19 September 1995 te Bloemfontein begrawe. Nie baie mense was daarvan bewUSnie. En tog is hiermee die lewe afgesluit van iemand wat die genade van die Here ontvang het om, sonder baie vertoon, die Here se kerk op ‘n baie besondere manier te dien.

Broer Dup, soos hy onder sy medebroeders in die bediening bekend was, het sy hele bediening van 34 jaar aan die NGKA (OVS) gewy. Hy is aan die einde van 1950 op Wellington gelegitimeer en aan die begin van 1951 op Kestell (NGKA) georden en bevestig. Hy het vir ses jaar onder moeilike omstandighede, maar met groot seën, in hierdie gemeente gewerk. Hierna het hy ook in die NGKA-gemeentes Clocolan (1957); Wepener (werkkring Basoetoland 1959); Dewetsdorp (1963) en Leriba (1967) gewerk. Sy grootste taak ten opsigte van die Vrystaatse Sending het hy egter in Lesotho verrig. Sy werk in Lesotho het begin terwyl hy op Wepener gewoon het (1959 – 1963); Vanaf 1967 tot 1984 het hy op Ficksburg gewoon terwyl hy in Lesotho gewerk het. Hy was dusvir 21 jaar die , steunpilaar van die sending in Lesotho.

As iemand wat Suid-Sotho goed geken het, kon hy baie doen vir die werk in Lesotho. Hy het gou besef dat, om daardie werk uit te bou, daar geestelike leesstof nodig was wat by die omstandighede van die lidmate kon aanpas. Hy het hom gedurende sy hele bediening aldaar daarop toegelê om, saam met die versorging van sy eie gemeente en konsulent-gemeentes, die nodige geestelike leesstof vir die kerk in Lesotho saam te stel. Hy het mettertyd ook ‘n klein, maar effektiewe, drukpersie in sy studeerkamer ingerig. Hierop is die lektuur en gemeenteprogramme vir die werk gedruk en gereed gemaak vir verspreiding. Die ander sendelinge in Lesotho het gepraat van `Dup se drukpers’ . Wat sy bydrae hierdeur vir die werk in Lesotho beteken het, kan moeilik bereken word. Baie van die koste het hy self gedra.

Abraham du Plessis het in die ware sin van die woord voltyds in diens van die Here gestaan. Hy het geen ander belangstellings gehad as hierdie werk waartoe hy geroep was nie. Sy werk in Leriba was vir hom ‘n liefdeswerk wat al sy aandag en tyd in beslag geneem het. Vir die werk in die algemeen in Lesotho het hy in stilte al sy kragte gegee. Dit het vir hom nie saak gemaak of mense kennis neem van wat hy doen nie, want hy het dit alles vir sy Heer en Meester gedoen.

Sy rustige geaardheid het meegebring dat hy maklik met die Basotho kon kommunikeer. Sy nederigheid en sagte vriendelike glimlag het aan almal die vrymoedigheid gegee om met hulle probleme na hom te kom. Nooit sou hy iemand seer-maak of benadeel nie.

Hierdie stille en kragtige werker in die koninkryk van Christusmoes in 1984 aftree weens ernstige gesondheidsprobleme. sy aftrede het sy gesondheid geleidelik verder verswak. In ‘n stadium het sy siekte meegebring dat hy sy besondere vermoë om te kommunikeer, verloor het. Hy kon nie meer praat nie, en, hoewel hy kon hoor as iemand baie stadig met hom gepraat het, kon hy nie meer alles verwerk nie. Vir sy eggenote en kinders was dit ‘n baie swaar beproewing. Nogtans het hulle hom met groot liefde tot die einde bygestaan.

Die gemeentes in Lesotho sal hierdie geliefde dienskneg van die Here altyd met groot dankbaarheid onthou. Sy voorbeeld en werk sal in hulle harte voortleef. En saam met hulle sal almal wat die voorreg gehad het om sy medewerkers in Lesotho en in die Vrystaat te wees, die Here dank vir die kosbare gawe van Abraham du Plessis aan die kerk, veral in Lesotho. – ds NW Basson, ingestuur voor sy eie oorlye. Dit word as laatstuk op versoek geplaas. (Jaarboek ).