Gebore
9 Okt. 1876
OORLEDE
4 Sept. 1933
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1902
ORDEN
1903
STANDPLASe
Willowmore (Hpr.)
1905 Ventersdorp
1910 Barberton
1913 Machadodorp
1914 Standerton
1917 Charl Cilliers
1923 Roossenekal
1924 Namakwaland
1927 Reddersburg
1931 Simonstad
EMIRITEER
–
Ds. Adriaan Gysbert Driessen is 9 Oktober 1876 in die Kaapstad gebore, het sy teologiese opleiding op Stellenbusch ontvang, is in 1982 gelegitimeer, enhet as hulpprediker van die gemeente Willowmore in die diens getree op 4 Julie 1903, toe hy georden is. Na twee jaar is hy na die Transvaal beroep, waar hy gedurende twintig jaar in ses gemeentes gearbei het. t.w. Ventersdorp (1905); Barberton (1910); Machadoderp (1913); Standerton (1914); Charl-Cilliers (1917); Roos-Senekal (1923); In 1925 het hy ‘n beroep na Namakwaland, en in 1927 een na Reddersburg. Hier het hy gearbei tot 1931 toe hy op 6 Mei van genoemde jaar bevestig is in laaste gemeente, Simonstad, waar hy spoedig die agting en liefde van die gemeentelede deur sy liefdevolle en opgeruimde geaardheid in so ‘n mate verwerf het, dat met gegronde verwagting na die insameling van ‘n ryke oes van siele uitgesien is. Aan dit alles is op 4 September 1933 onverwags ‘n einde gemaak deur sy afsterwe in die Volkshospitaal te Kaapstad, na ‘n kortstondige krankheid van slegs enige dae. Ds. Driessen was ruim 30 jaar in die diens aktief en gedurende sy hele loopbaan het hy hom altyddeur laat kenmerk as ‘n ywerige evangeliedienaar en soeker van siele. (Jaarboek ).