Gebore
10 Sept. 1920
OORLEDE
03 Aug. 2008
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1946
ORDEN
1947
STANDPLASe
1947 De Bloem
1948 Estoire
1950 Dewetsdorp
1957 Bultfontein
1963 Alberton-Oos.
EMIRITEER
–
Ds Frans Dreyer (BA) (10 Sept. 1920 – 03 Aug. 2008)
Frans AlbertUSDreyer is op 10 September 1920 in die distrik Clocolan in die Oos-Vrystaat gebore, die seun van Daniel Johan nes Dreyer en Susanna Elizabeth Beeselaar. Frans se voorouers aan albei kante was boere. Daantjie en Sannie Dreyer het in die distrik Clocolan in die Oos-Vrystaat gewoon en gewerk. Frans was van 1927 tot 1934 ‘n leerling aan die Laerskool Clocolan, en van 1925 tot 1938 aan die Hoërskool Clocolan, waar hy gematrikuleer het.
Frans het besluit om ‘n mediese dokter te word, maar die Here het anders beskik en hom tot die bediening geroep. Hy het aanvanklik aan die destydse PUK (Potchefstroomse Universiteit) gestudeer, maar in 1942 ‘n BA-graad aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat behaal. In 1943 het Frans op Stellenbosch begin studeer, en is hy aan die einde van 1946 gelegitimeer. Hiema hct proponent FA Dreyer afloswerk in die NG Gemeente Aberdeen gedoen, waar hy die jong Poppie Jordaan ontmoet het. Sy het ‘n B Comm-graad op Stellenbosch verwerf en was ‘n onderwyseres aan Grens Hoërskool in Oos-Londen.
Ds Frans en Poppie Dreyer trou op 24 Junie 1947 in die pragtige kerkgebou op Aberdeen. Hulle is geseën met vier kinders: Riana van Vuuren, Saneth Coetzee, en twee seuns wat albei later predikante geword het. Dr Danie Dreyer was in 2008 leraar van die NG Gemeente Tygerpoort in Pretoria, en sy broer dr Hennie Dreyer, was tot sy dood op 13 Mei 2007 predikant van die NG Gemeente Haakdoom in Pretoria.
Frans Dreyer is op 29 Maart 1947 met handoplegging in die NG Gemeente De Bloem bevestig. Hy het op Sondae dienste in ‘n kerksaaltjie in die omgewing van Estoire gehou, wat op 17 Oktober 1947 afgestig het as dieNG Gemeente Estoire. Ds Frans Dreyer is as die gemeente se eerste predikant beroep en is op 24 Januarie 1948 bevestig. Hy het aanvanklik in die De Bloem-pastorie gewoon totdat die jong gemeente ‘n eie pastorie en kerksaal laat bou het.
Na ‘n kort bediening het ds FA Dreyer ‘n beroep na die NG Gemeente Dewetsdorp aan vaar, waarhy op 25 Maart 1950 bevestig is. Dit het ekonomies goed gegaan op die platteland danksy die hoë wolprys en ander boerderyaktiwiteite. So is in ds Frans se dienstyd ‘n nuwe sendingpastorie en groot kerkkoshuis ten bedae van £33 000 kontant gebou.
Die naweek van 11 en 12 Oktober 1957 is hy in die NG Gemeente Bultfontein bevestig, waar hy benewens sy geestclike werk ook gehelp het met die bou van ‘n skoolkoshuis, die bou van ‘n nuwe kerksaal en dic herbouing van dic kerkorrel. In 1963 het ds FA Dreyer ‘n beroep na dieNG Gemeente A lberton-Oos aangeneem, waar hy sewe jaar lank met oorgawe gewerk en die Woord bedien hct. Ds en mev Frans Dreyer het in 1970 die leraarspaar van die NG Gemeente Drie Riviere-Oos geword. ln sy dienstydperk is ‘n pastorie vir ‘n medeleraar en kategese-lokale gebou. Ds Frans Dreyer het die gemeente tot met die aanvaarding van sy emeritaat op 27 Apri I 1986 bedien.
ln die Vrystaatse kerk was hy veral op sinodale gebied betrokke by die sending en die ondersteuning van die werksaamhede in die voorrnalige Noord-Rhodesië (Zambië); In die Sinodes van Suid- en Wes-Transvaal het hy ‘n groot bydrae gelewer by die Kommissie vir die Kerkorde. Die Christelike opvoeding en onderwys het hom na aan die hart gelê. Hy was een van die stigterslede van die VCHO. Hy was altyd op opvoedkundige en kulturele gebied betrokke in die gemeenskap. Met sy leierseienskappe en aanvoeling vir bestuur was hy hier van groot waarde.
Die dood van sy vrou, Poppie, op 26 September 2003, en die latere dood van sy seun, dr Hennie Dreyer op 13 Mei 2007, was vir hom ‘n groot skok en dit het hierdie bejaarde leraar intens getref.
Sy seun dr Danie Dreyer skryf: “As leraarspan het hy en Poppie diep spore in elke gemeente getrap en daar was groot waardering vir hulle werk in diens van die Here. Na sy aftrede het hy hom in Pretoria gaan vestig. Dit was ‘n groot vreugde en voorreg om tot twee jaar gelede in Tygerpoort betrokke te wees by die pastorale versorging van die lidmate. Hy het ook afloswerk in die gemeente Haakdoorn gedoen terwyl dr Hennie geleef het. Hy het ‘n hoë premie geplaas op die gereformeerde belydenis. Vandaar dat hy Skrif- en belydenisgetrou in sy goed voorbereide prediking was.
Hy het groot klem gelê op die pastorale versorging van die gemeente. As begaafde pastor het hy getrou huisbesoek gedoen. Ds Frans het goed ingepas by die pastorale model en was ‘n harde werker. Ily het gereeld die siekes en bejaardes tuis en in die hospitaal bcsoek. Deur sy bemoediging, en veral deur sy gebede, het hy hulle ondersteun. Hy het ‘n goeie aanvoeling vir die bestuur en organ isasie van die gemeente gehad. Gemeentes en kerkrade het onder sy leiding ordelikgefunksioneer en was finansieel gesond. Hy was voorsitter van verskeie ringe en kommissies van die kerk waar hy leiding geneem het en ‘n groot diens gelewer het. Hierdie man van God het tot die einde toe hard gewerk in dic Koninkryk, selfs tot ‘n jaar voor sy dood in De Meerpaal.”
Ds Frans is op 3 Augustus2008 oorlede. Die dankbare getuienis van sy lewe en bediening word weerspieël in die woorde van Paulusaan Timoteus: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou. Nou wag die oorwinnaarskroon vir my, die lewe by God” (2 Tim 4:7-8); Sy begrafnisdiens in die NG Kerk Tygerpoort is op 6 Augustus2008 deur sy seun, dr Danie Dreyer, waargeneem, ‘n aangrypende geleentheid wat lank onthou sal word.
Ds Frans Dreyer laat, benewens sy kinders, ook tien kleinkinders en een agterkleinkind agter. (Jaarboek ).