Dreyer, Andries

 

Gebore

10 Jan. 1872

OORLEDE

31 Aug. 1938

UNIVERSITEIT

 H.sn., Phil.Dr

gelegitimeer

1896

ORDEN

1903

STANDPLASe

1897 Hermanus

1903 Kaapstad (Hanoverstraat)

1929 Argivaris, Kaapse Kerk

EMIRITEER

Eerwaarde Andries Dreyer, D. Phil., is 10 Januarie 1872 naby Philadelphia gebore. Nadat hy aan die Normaalkollege, Kaapstad, as onderwyser opgelei is het hy die matrikulasie-eksamen in 1893 afgelê en aan die Victoria-kollege verder gestudeer. Hierna het hy met private studie in 1896 sy sendelingseksamen afgelê. As sendeling het hy van 1896 tot 1903 gedien op Hermanus, waar hy ook onderwys gegee het. Van 1903 tot 1929 was hy sendeling in die Hanoverstraat van die gemeente Kaapstad. Hy was ‘n gebore versamelaar van Africana, navorser en kerkhistorikus. In 1929 is hy benoem as die eerste Kerkargivaris van die Kaapse Kerk en het die amp waardiglik beklee tot sy dood op 31 AuguslUS1938. Hy was die skrywer van ‘n lang reeks publikasies, kerkalbums en geskiedkundige werke, veral op kerklike gebied. As blyk van erkenning vir wat hy vir die wetenskap gedoen het, is hom in 1937 deur die Universiteit van Suid-Afrika die graad van D. Phil. toegeken. (Jaarboek ).