Dommisse, Ebbe

 

Gebore

9 Sept. 1871

OORLEDE

19 Sept. 1936

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1898

ORDEN

1902

STANDPLASe

Wepener

1909 Middelburg (Kaap)

1920 Caledon

EMIRITEER

Ds. Ebbe Dommisse is 9 September 1871 op Piketberg gebore. Na hy uit die Normaalen Suid-Afrikaanse Kolleges in die Kaapstad die Matrikulasieen B.A.-eksamens afgelê het, is hy tot Kweekskool op Stellenbosch toegelaat. In 1898 gelegitimeer, het hy, alvorens ‘n beroep te aanvaar, ‘n reis na Europa onderneem en by sy terugkeer is hy gedurende die Anglo-Boere-oorlog ‘n tydlank werksaam gewees in die Konsentrasiekampe. Na beëindiging van die oorlog is hy in 1902 op Wepener georden en bevestig, waar hy werksaam was tot 1909, toe hy ‘n beroep aangeneem het na Middelburg, Kaap. Sy laaste standplaas was Caledon, waar sy dienstyd in 1920 aangevang het en waar hy gearbei het tot aan sy afsterwe op 19 September 1936. In al sy gemeentes het hy met kenlike seën gearbei en hom veral ook in belang van onderwys en opvoeding beywer. (Jaarboek ).