Gebore
30 Nov. 1908
OORLEDE
15 Mrt. 1984
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1937
ORDEN
1938
STANDPLASe
1938 Nkana
1947 Middelburg, Tvl.
1950 Odendaalsrus, Wesselsbron
1957 Wesselsbron
1961 Ventersdorp
EMIRITEER
–
Dr Wessel Pieter Johannes Dippenaar (30 Nov. 1908-15 Mrt. 1984); wat jare lank sendeling eers in Noord-Rhodesië (Zambië) en toe in die Transvaal en die Vrystaat was, het hom as boutegnikUSbekwaam voordat hy aan die ou Sendinginstituut op Wellington as sendeling opgelei is. In 1937 dr tot die bediening toegelaat, word hy die volgende jaar op Nkana georden en bevestig en daar arbei hy tot 1947 toe sy bediening in die huidige NGKA-gemeente Middelburg Tvl. begin. Vervolgens staan hy in Odendaalsrus-Wesselsbron (1950); Wesselsbron (1957) en vanaf 1961 Ventersdorp waar hy op 27 Jan. 1980 aftree. Gedurende sy verblyf daar vermeerder die lidmatetal van sy laaste gemeente van 200 tot 1 400. Op 66-jarige leeftyd verwerf hy ‘n doktorsgraad in die teologie van Colorado, VSA. Hy was met ‘n dogter van eerw J D J Muller, wat van 1911 tot 1948 in ons Masjonasending gestaan het, getroud. (Jaarboek ).