Vir baie jare is daar die ernstige behoefte aan meer evangeliste gevoel. Die evangelisasie van die Bantoe het daarom geroep, asook die groot gebiede en gemeentes wat vir die paar sendelinge in die veld, te veel was. Gewoonlik neem die administrasie van gemeente en skole soveel van die leraar so tyd en kragte in beslag dat daar nie veel tyd gevind kan word vir persoonlike bearbeiding nie. Veral in die Zoeloe deel van die akker is die behoefte baie sterk gevoel. Reeds in 1935 vind ons ‘n deputasie uit die Sendingring van Vryheid wat in Zoeloeland gaan ondersoek instel het na die doelmatigheid van sekere geboue om ‘n Evangelisteskool te begin. Uit die Noordelike Transvaal het daar egter ook ‘n geroep opgegaan vir die daarstelling van ‘n afdeling aan die Bethesda Normaalskool vir die opleiding van evangeliste.
In 1947 het ds. P.R.Spies by die vergadering van die Ring van Vryheid £10 op die tafel gesit om as neseier to dien vir die stigting van ‘n Evangelieskool onder die Zoeloes. Dit was meer ‘n gebaar van radeloosheid as iets anders, vanweë die behoefte wat in sy gemeente so dringend was.
In Augustus 1948 het die Ring weer op Babanango gesit op die plaas van mnr. Ben van Rensburg. Daar is besluit om die Sinodale Kommissie te vra om die stigting van ‘n evangelisteskool op Dingaanstat as die dringendste te beskou, asook dat die SSK die sendeling van Noord—Zoeloeland sal toelaat om in die begin van 1949 te begin met die opleiding van evangeliste te Nongoma.
Dit was tot beskaming van ons geloof. Nog dieselfde jaar het die Moedersinode hierdie versoek goedgekeur. Aandoenlik was die grootmoedigheid van eerw. C.L Brink, die vader van die Bethesda Normaalskool en die pleitbesorger van dlie versoek aldaar. Hy het gesê dat hy dit aan die Zoeloes gun omdat hulle behoefte die grootste is.
So het dit dan geheur dat op die 15de Februarie 1949 te Nongorna begin is met die opleiding van die eerste vyf studente wat aan die sorg van ds. P.P. Stander – sendeling van die GEM toevertrou is.
Deur die skenking van 100 osse deur mnr. H. van Rensburg is daar vroeg in 1949 ‘n aanvang gemaak met die bou van ‘n pastorie naby die plek waar eerw. Francis Owen in 1838 gestaan het terwyl hy hier sendingwerk gedoen het. Deur skenkings van R100 elk vir die oprigting van rondawels om huisvesting te bied vir studente en hul gesinne deur Iede van ons kerk, kon in Julie 1949 die eerste rondawels opgerig word. Onder die rondawelskenkers was daar baie wat die begeerte uitgespreek het dat dit sou dien as monument vir een of ander voorouer uit die Voortrekkertydperk. Sommige het versoek dat die monumentjie die naam sal dra van die voorouer, vandaar die name op die rondawels.
Interessant ook dat dr. F.R. van Dyk, wat nou dosent hier is, daardie tyd as student hier sy Zoeloe kom opknap het en gehelp het met die bou van die eerste rondawels.
In dieselfde jaar is ook ‘n begin gemaak met die watervoor, 4000 tree lank, wat vir jare die stasie van water voorsien het tot dat daar twee jaar gelede ‘n ander sisteem vir watervoorsiening aangebring moes word. ‘n Egpaar wat onbekend wou bly, het R500 geskenk wat die voor se koste sou dek. Die werk moes met hierdie bedrag voltooi word, omdat oorn Hennie van Rensburg in sy liefde vir die saak van die Here self die dam in die kloof gaan bou het. Hierdie “gee van homself,” ‘n rykman op sestigjarige leeftyd, het ‘n groot indruk op die Bantoe in die omtrek gemaak.
Mnr. Willie Theron van Transvaal, by sy aftrede was hy posmeester van Pretoria, het die saak met al die liefde van sy hart propageer. Van oral oor het ondersteuners geld gestuur. Hier was toneeltjies van aangrypende aard. ‘n Staatsamptenaar is verplaas en met sy vertrek hul hulle huis in die stad met ‘n wins van R120 verkoop. Dit het hulle gestuur om ‘n evangelis op te lei.
So het alles gevlot. Dit was eenvoudig asof die Here se tyd ryp was. Ons moes maar net inspring en die werk probeer behartig. Hy het in al die behoeftes voorsien. Die dag toe ds. Stander hier bevestig is op 9 Oktober 1949, was dit net op ‘n paar dae na 112 jaar nadat eerw. Owen sy kamp hier opgeslaan het.
Tot aan die einde van 1968 het daar evangeliste vanaf Hlomo Amabutha uitgetrek met die skoene van bereidheid van die Evangelie van vrede aan hul voete en die spies van die Woord in die hand. In hierdie jaar 1949 is hier 20 studente. Die nood bly maar hoog. Die evangelistekursus strek oor drie jaar.
Vanaf die begin van 1959 is daar ‘n begin gemaak met die opleiding van Bantoeleraars. Waar die evangelisering van die heidendom nog roep om meer evangeliste, roep die groeiende kerk meer om leraars. Hulle moet dan juis met die versorging van die gemeentes die hande van die evangeliste losmaak vir die bearbeiding van die heidene.
Met die afsluiting van die klasse in 1962, is die eerste drie leraars wat hier opgelei is, tot die bediening toegelaat, t.w. G. Shabangu, H. Vilikazi en B.Windvoël. Daarna het nog nege hulle studies voltooi.
Op die oomblik is hier een student in die leraarsklas vir 1966 – 1969, 8 vir 1967 – 1971, 1 vir 1968 – 1972. Weens die nood aan leraars is besluit op aandrang van die Natalse Sendingkerk, om ‘n leraarsklas met laer akademiese kwalifikasies in te neem vir 1967. In hierdie klas is daar 8 studente vir 1967 – 1971.
Ook is daar ‘n voorbereidende klas ingestel vir manne wat op eie koste hier wil kom bly en deur privaatstudie die nodige kwalifikasies vir die leraarsklas wil bekom.
Die dosente verbonde aan die Teologiese Skool is: Ds. P.P.Stander, dr. P.R.van Dyk (Rektor), Ds. J.H. Kritzinger (Superintendent), dr. P.P.A. Kamfer (Vise-superintendent). Die vroueklasse word waargeneem deur die eggenotes van die personeel. Mev. van Dyk is behulpsaam met die kantoorwerk en mev. J. van Heerden met die werk van die kliniek. Mnr. Awie Hoffman wat vir ‘n aantal jare die bou-, plaas- en ander werk behartig het, het vertrek en mnr. en mev. P. van Heerden vul hulle plekke.
Op 7 Februarie het die weerlig ons lesinglokaal aan die brand geslaan. Die twee klaskamers het heeltemal uitgebrand. Die biblioteek met sy betonplafon het bly staan. Die Here het egter vir ons weer wonderbaarlik voorsien en kan ons saam met die Assuransie uitbetalings ‘n doelmatige gebou oprig.
Geskryf deur ds P.P. Stander