Die Winburg-Weeshuis is in 1903 opgerig deur wyle ds. J. J. T. Marquard vir oorlogswese (1899-1902). Vir die eerste paar jaar was die kinders in ‘n gehuurde huis gevestig. In 1905 egter het oud-Senator H. O. Stuart ‘n gebou, wat oor die £3,000 gekos het, Iaat oprig as ‘n geskenk aan die Winburg Gemeente vir die huisvesting van wese en verwaarloosde kinders. Getal in Inrigting: 170 kinders, meisies en seuns. Die kinders woon die plaaslike sekondêre en primêre skole by. Kinders wat nie hier hulle studies voltooi tot Matriek, ens., word jaarliks oorgeplaas na Staatsindustriële skole vir vakopleiding.