DIE WEESHUIS, BETHLEHEM

Die Weeshuis te Bethlehem is in 1903 opgerig deur wyle mev. ds. C. P. Theron vir die versorging van wese uit die Tweede Vryheidsoorlog en later uitgebrei tot halwe wese en werklik behoeftige Afrikaner kinders. Die eerste paar oorlogswesies was in die pastorie opgeneem en versorg, daarna het gestadige uitbreiding gevolg totdat eindelik met hulp uit die ou Oostelike Ring gemeentes van die Vrystaat (vandag die Ringe van Bethlehem en Harrismith) en ‘n aansienlike bedrag uit die Helpmekaarfonds, later bekend as die Sinodale Griepwese fonds, die teenswoordige eiendomme daargestel is tot ‘n waarde van oor die £30,000 met ruime huisvestlng vir 325 kinders. Teen 1952 word 146 meisies en 121 seuns gehuisves; dus ‘n totaal van 267 kinders.

BRON: NG Kerk Jaarboek 1952