
In 1918 het die Ring van Kaapstad op eie aanbeveling van ds. P. K. Roome van die NG Gemeente Kaapstad, ‘n kommissie uit sy midde aangestel om stappe te doen met die oog op die oprigting van ‘n in alle opsigte goed toegeruste en volgens Christelike beginsels bestuurde verpleeginrigting in Kaapstad, daar reeds lank ‘n beboefte aan so ‘n volksinrigting baie dringend gevoel was. In 1919 is toe ‘n breëre kommissie gevorm waarop die Ring van Kaapstad, se Sinodale Kommissie, die Inwendige Sendingkommisgie (later genoem die Algemene Armesorgkommissie), die Helpmekaarvereniging, die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging, die Vrouesendingbond en die Afrikaanssprekende geneeshere, pers en publiek van Kaapstad, verteenwoordiging gekry het. Hierdie kommissie het besluit dat daar ‘n verpleeginrigting met die naam van Die Volkshospltaal in Kaapstad opgerig word en dat die volgende beginsels in ag geneem sou word;
- Die Volkshospitaal opgerig word om in, in die behoeftes van die Afrikaanssprekende publiek te voorsien.
- Die inrigting in hoofsaak selfbetalend moet wees. hoewel daar ook na gelang van omstandighede voorsiening gemaak sal word vir verpleging van minderbevoorregte persone teen ‘n so laag moontlike tarief.
- Die Volkshospitaal bestuur word deur verteenwoordigers uit die Afrikaanssprekende publiek gekies.
- Die inrigting in stand gehou word in Christelike gees en volgens Christelike beginsels.
- Afrikaans die offlsiele taal van die Volkshospitaal sal wees.
- Verpieegsters daar in Afrikaans opgelei sal word.
Hierdie besluite kan beskou word as die Grondwet of Konstitusie van Die Volkshospitaal.
Die doeleindes wat met die oprlgting daarvan beoog word, ken as volg saamgevat word:
- Die stigting van ‘n verpleeginrigting, sodanig gebou. ingerig en toegerus om voorsiening te maak vir geneeskundige behandeiing van krankes volgens die nuutste en beste wetenskapiike metodes.
- In die Voikshospitaal word volle geleentheid gegee vir die opleiding van verpleegsters vir ons land, veraI ook in die sendingveld.
- Die Volkshospitaal is oop vir behandeling van blanke persone van alle nasionaliteite deur hul eie geneeshere; en dit is vanselfsprekend dat die verpleegsters tweetalig moet wees.
- Na afbetaling van skulde wat op die Volkshospitaal mag rus word die winste gebruik vir verbetering en uitbreiding van die inriging self en vir vermindering van die tarief vir minderbevoorregte pasiente.
- Die Voikshospitaal ‘n verpieeginrigting is waarin pasiente uit alle dele van ons land opgeneem word vir buitengewone deskundige behandeling.
- Hoewel in Kaapstad gelee, is die Volkshospitaal veel meer as ‘n verpleeginrlgting alleen in Kaapstad.
Al bostaande besonderhede en oogmerke is in ‘n manifes aan die publiek meegedeel, en ‘n beroep is op die pubiiek gedoen om die kommissie te help met die nodige fondse ten einde, indien enIgsins moontlik, die Volkshospitaal sonder skuld op te rig.
Bron: NG Kerk Jaarboek 1952