DIE MAGDALENA-HUIS, CLAREMONT

Die Magdalena-Huis, ‘n reddingshuis geleë te Claremont, naby die Kaapstad, is opgerig in Wynberg in 1903 met die doel om gevalle meisies en vrouens te red. Dit staan onder toesig van die Ring van Kaapstad. In verband daarmee staan ook Die Wieg, vir die huisvesting van die babas.