Die Kindersendinghuis is in 1882 in Kaapstad opgerig en in 1917 is ‘n tak in Durbanville gestig. Die doel van hierdie inrigting is om arme blanke klnders, in die eg gebore, op te neem en ‘n Christellke opvoedlng te gee. Daar is ruimte in die stad vir 60 kinders onder huisvader P. Groenewald, en 32 op Durbanville onder mnr. J. J. Joubert.
Die Kindersendinghuis, het sy ontstaan te danke aan twee Eiizabeths, lede van die moedergemeente Kaapstad. Mejj. Elizabeth de Wet en Elisabeth White het i.v.m. hul werk in die Sendingsondagskool van die Nieuwe kerk onder ds. Lückhoff (tereg later die vader van Die Kindersendinghuis genoem) in aanraking gekom met verwaarloosde kinders van blanke ouers. Die twee vrouens was Sondagskoolonderwyseresse wat met hernieude toewyding begin het met die persoonlike bearbeiding van die armes, krankes en verwaarloosdes in die agtergebuurtes van Kaapstad. Met hul huisbesoeke het hulle aangedring dat die kinders na die Sondagskool gestuur word. Dit was nie ‘n maklike taak nie. Die ouers moes eers oorgehaal word en dikwels moes die kinders eers van klere voorsien word. Die kinders was traag, onverskillig en het ‘n vrees vir mense gehad. Die kinders moes Sondag na Sondag by hul huise gaan haal word. Die twee vrouens het ook in aanraking gekom met arm, verwaarloosde kinders se ouers, waar bv die vader dood is en die moeder verslaaf is aan drank of die man is in die oorlog en die moeder in die hospitaal, of die vader in die tronk en die moeder alleen met ‘n klomp kinders. Die behoefte aan ‘n huis vir hierdie kinders het ontstaan. Maar waar sou die middele vandaan kom? Gedurende die eerste 25 jaar is 136 kinders (seuns en dogters) in die inrigting toegelaat en die goeie hand van God was steeds oor hulle uitgestrek. Meermale was daar skaarste aan eetware, maar Hy wat die jonge rawe hoor en die harte van mense in Sy hand het, het steeds in die huishouding voorsien. Aangevuur deur Christelike liefde en barmhartigheid het hulle die versorging en huisvesting van sulke kinders ‘n saak van gebed gemaak. Grootliks deur hul ywer, is belangstelling vir die saak verkry en kon ‘n erf tussen Keerom- en Langstraat in 1882 gekoop word. Spoedig het dit geblyk dat nog die buurt nog die gebou geskik was. In 1897 is ‘n onbeboude erf in Bredastraat gekoop. Die huidige gebou is voltooi en in 1899 ingewy. Aan mej. Eiizabeth de Wet is die groot vreugde gegun om hierdie gebeurtenis te beleef — die ander Elizabeth was reeds oorlede.
Die eerste helpster in die Huis was Mej Barenski, die eerste onderwyseres Mej de Wet, wat ge-assisteer is deur Mnr Rauch, wat na hul skoolure gekom het om vir die kinders les te gee. Die eerste huismoeder was Mev Mostert wat ondersteun is deur Mej Villet, wat verantwoordelik was vir die slaapvertrekke en kleding. Ds AD Lückhoff was jarelank die voorsitter van die bestuur en trustee saam met Mnr de Wet, wat tot sy dood in 1900 as tesourier die staatmaker van die inrigting was. Die eerste aangestelde sekretaris was van 1887 tot 1902 Mnr Jannie Hofmeyr. In 1906 het die bestuur bestaan uit: Ds Lückhoff (Voorsitter), Ds DJ le Roux Marchand, Ds A McGregor, Mnr JP de Villiers, Mev J Roos, Mev A Steytler, Mev FX Roome, Mev JP van Heerden, Mev NJ Brummer, Mnr G van Heerde, Mnr Hofmeyr (Tesourier & Sektretaris). Toe Mej Faure van die behoeftes te hore kom het sy geen steen onaangeroer gelaat om die goeie saak te bevorder nie. Sy het ou posseëls vergader en verkoop en die opbrengs aan die huis geskenk. Ander het haar voorbeeld gevolg en daar is op onvermoeide wyse voorgegaan met kollekteer onder belangstellendes. Langs die weg het twee basaars tot stand gekom wat ‘n goeie som geld ingebring het. ‘n Ander jong vrou het met ‘n weeklikse bydrae van 1 pennie 8 byeengebring en dit vir 6 jaar volgehou. Nog meer vriende is vir die saak gewen. In 1882 is ‘n erf met ‘n ruim woning vir £750 gekoop. Die inrigting is amptelik op 30 Oktober 1883 geopen en dit is dan ook die datum wat ons as die amptelike stigtingsdatum vier. Gedurende die eerste jare het die bakker Cole brood gratis verskaf en toe dit opgebou met ander firmas wat vir vleis gesorg het. Baie klere is as liefdegifte ontvang. ‘n Jong bruin man, Mnr Bent, het vir die suiker gesorg.
Van die 136 kinders is 28 later aan hul ouers of naasbestaandes terugbesorg op aanvraag. Gedurende die 50 jarige bestaan is ongeveer 500 verwaarloosde of behoeftige kinders in die inrigting opgeneem. Die inrigting is in 1920 gesertifiseer onder die Wet van 1913 ter beskerming van kinders wat met goedkeuring van Bestuur deur die Regering gekommitteer is met of sonder toelae vir onderhoud die skool Gedurende die aanvangsjare is privaat onderwys aan die kinders gegee, maar van 1892 het die skool ondersteuning van die Regering ontvang. Ruim en doelmatige skoolkamers is aangebou. In 1926 is dit in belang van die leerlinge nodig geoordeel om die skool te sluit en hulle almal na Jan-van-Riebeeck Afrikaans Medium Skool oor te plaas.
In 1919 het die Bestuur gevoel dat uitbreiding gebiedend noodsaaklik was, veral met die oog op die eis om die ouere jongens en meisies van mekaar te skei. Hierdie uitbreiding was te meer geregverdig deur die opname, op versoek van die Armsorg Kommissie, van dertigtal griepwese agv die griep-epidemie van 1918. Gevolglik het die Bestuur deur middel van ‘n donasie van £4000 van Mnr Marais van Stellenbosch, ‘n stuk grond met ‘n doelmatige huis in Durbanville gekoop. Hierdie gebou is in 1929 vergroot.
Terselfdertyd is besluit om voortaan slegs seuns op te neem. Die doel van die Kinderzendinghuis aldus die 1913 Konstitusie was as volg: Die bestemming van die Kindersendinghuis is om arme blanke seuns, uit n wettige huwelik gebore, wat A) hulle ouers verloor het, of B) deur hulle ouers nie versorg kan word nie, of C) deur hulle ouers verwaarloos word, op te neem, te verpleeg en vir hulle opvoeding en toekoms na vermoë te sorg. Ook sal seuns in bogenoemde voorregte kan deel, wie se ouers en voogde nie in die geleentheid is om behoorlik toesig oor hulle te hou nie, maar wat onderneem om n geldelike bedrag vir ieder seun te betaal. Ook sal in sekere gevalle seuns tydelik opgeneem word, totdat ouers of voogde weer in staat is om hulle te onderhou.
Die inrigtings is ingevolge Wet No. 31 van 1937 geregistreer. Gevoiglik word gekommitteerde sowel as nie-gekommitteerde seuns opgeneem. Hulle woon almal die publieke skole by. Op 14-jarige leeftyd word besluit of seuns sal baat by die voortsetting van hul skoolstudies, anders word hul uitgeplaas na nywerheid-, ambag-, landbou- of handelskole. Jaarliks lê ‘n paar seuns die matriek-eksamen af en sommige van ons seuns beklee vandag belangrike betrekkings in die samelewing. Die teenswoordige huisouers van die Bredastraat-inrigting is mnr. en mev. D.J. Winterbach en word bygestaan deur drie assistente en drie kleurlingbediendes. Die huisouers van die Durbanville-inrigting is mnr. en mev. S. F. du Toit, bygestaan deur drie assistente, twee kleurlingbediendes en twee kleurlinge om die groot groentetuin to behartig. Gedurende die sewentig jaar van sy bestaan is by die duisend kinders opgeneem. As daar nou rekening gehou word met die feit dat ‘n kind gemiddeld vyf jaar in die inrigting bly, word eers besef watter groot werk hier gedoen word.
BRON:
NG Kerk Jaarboek 1952
Durbanville Kinderhuis Jaarverslag 2007