DIE KINDERHUIS, MOORREESBURG

Moorreesburg Kinderhuis

Die gedagte van die oprigting van ‘n tehuis vir sorgbehoewende kinders het sy ontstaan by die Algemene Armesorgkommisie van ons Kerk gehad, onder die lelding van dr. A. D. Lückhoff. Hiermee het ds. G.D. van Heerde, die toenmalige plaaslike leraar van Moorreesburg, volmondig saamgestem, en onder sy bekwame leiding is hierdie inrigting op 22 Oktober 1920 geopen. Dit is ‘n kerklike, gesertifiseerde inrigting vir 50 meisies. Verweesde, verwaarloosde en verarmde meisies van alle dele van die land word opgeneem.

Die sierlike gebou bied huisvesting vir vyftig sorgbeboewende dogters van ons Kerk. Tot op datum het 300 dogters deur die inrigting gegaan. Dit is die beleid van die beheerraad om hierdie dogters in goeie betrekkings te plaas nadat hulle die Senior Sertifikaat behaal het. Sommiges is selfs finansieel gehelp om hulle onderwyssertifikaat te behaal en hulle beklee vandag verantwoordelike poste in die samelewing. Die ruim speelgronde met speelapparaat en die goed ingerigte gebou skep ‘n atmosfeer van gesellige huislikheid vir die kinders. Alles wat moontlik is word gedoen om aan hierdle gekommitteerde kinders te vergoed vir die verlies van ‘n ouerhuis.

Bron: NG Kerk Jaarboek 1952