DIE DORKAS-ARMEHUIS, KAAPSTAD

Dorkas Tehuis

In die beskrywing van die geskiedenis van die Dorkas-tehuis, Kaapstad, moet melding gemaak word van die invloed van Holland, ten opsigte van die liefdadigheid op die stigter, wyie ds. Anton Daniel Lückhoff. Dit was gedurende sy studiejare in Utrecht dat sy belangstelling in en liefde vir armesorgwerk ontkiem het. En in Holland het by ook geleentheid gesoek om vertroud te raak met liefdadlgheidswerksaamhede ten behoewe van armes onder oues van dae en verweesde kinders.

Na volbragte studie in Utrecht het hy in 1861 predikant geword van die NG-gemeente Colesberg, en in 1875 het hy die beroep as derde predikant van Kaapstad aangeneem. As gebore filantroop het by hom spoedig die lot van die armes in die stad aangetrek, en wat horn die eerste besiel het, was ‘n drang om voorsiening te maak ten behoewe van bejaarde arme blanke vroue in die stad. In daardie dae was nog geen voorsiening by wyse van ouderdomspensioene deur die Staat gemaak nie. Armes was afhanklik van die bystand deur kerklike liggame en ander liefdadigheidsgenootskappe verleen.

Die Begin van die Werk — Aangemoedig en bygestaan deur sy eggenote het ds. Lückhoff reeds in 1878 die verlange gekoester om daadwerklik op te tree met die oog op ‘n stigting vir behoeftige vroue. Die Here het hom gelei om n klein groepie ernstige en vooraanstaande dames in die stad geinteresseer te kry en hulle name mag nie verswyg word nie: mev. Atkinson, mev. dr. Robertson. mev. dr. Kotle, mev. N. W. Meyer en mev. Lückhoff. Hy self het as sekretaris gedien en mev. Atkinson as presidente. Vriende wat van die plan gehoor het, bet aangemoedig, want die drang na sodanige stigting het al sterker geword. Wat egter die deurslag aan die saak gegee het, was ‘n tjek vir £25 van mnr. N. W. Meyer en ‘n belofte van mev. Meyer van ‘n verdere bydrae sodra sy haar rytuig en ponie van die hand gesit het. ‘n Verdere aanmoediging was die aanbod van die bestuur van die Vrouefonds. wat die rente op ‘n kapitaal van £1200 beskikbaar gestel het. Hierdie Iiggaam, destyds reeds meer as vyftig jaar in die stad werksaam onder armes, het juis sodanige stigting ten doel gehad, maar weens gebrek aan fondse kon die onderneming nie vorder nie. Dit was egter nie al nie! Genoemde bestuur het ‘n goed gelee stuk grond in die Breestraat vir die nominale prys van £50 aangebied en ‘n geskenk van mev. Atkinson het die aankoop beklink.

Oproep om Fondse — Die komitee deur ds. Lückhoff in die lewe geroep, het gereelde vergaderings gehou en het toe besluit om ‘n tehuis vlr behoeftige ou dames te stig. Die gebou sou £5,000 kos en voorsiening maak vir 36 inwoonsters. In die oproep om fondse lui die eerste sin as voig: Dit is nie die arme wat laid san die dear Islop ale, maar liewer die een wat hom verberg en in stilte ly, wat die meeste aanspraak maak op ons simpatie en hulp. In die oproep word vertel dat die te stigte tehuis oniektaries son wed orn hulp te verleen aan respektabele swakkes van watter kerkgenootskap ook. Die antwoord op die oproep om fondse by die publiek was so bemoedigend dat die komitee gou kon oorgaan tot die bou van die nodige woning. Die gedagte was ‘n hoofgebou met twee vleuels om voorsiening te maak vir sewentig inwoonsters. Eers egter sou net die hoofgebou opgerig word.

Inwyding — Die Dorkas-gebou is voltooi en ingewy op 16 April 1883. Bydraes was reeds £2,014, en ‘n verband op die gebou is geneem vir £2,500. In die eerste jaar was die getal inwoonsters 33.

Huishoudelike Sake — Die groot doel van Dorkas was om ‘n Christelike vroue van kamers te voorsien teen ‘n geringe huur, waar hulle op aangename en gerieflike wyse hulle dae kon deurbring. Die huurgeld vir ‘n kamer was op 10s. per maand vasgestel, en smiddags sou elkeen ‘n voedsame bord soep met vleis kon geniet. Verder moes elke inwoonster vlr haar eie onderhoud sorg, en is sy toegelaat om met behulp van ‘n oliestoof haar ete self te berei. In die reels was klem gele op sindelikheid, en die matrone moes elke dag by elke kamer inspeksie hou. Die inwoonsters moes ook getrou die huisgodsdiens soggens en saans bywoon en ook die Sondagdienste. Baie van die ou dames het alimentasie van kerkweë ontvang en sommige het geldelike ondersteuning van liefdadigheidsllggame gekry.

Versorging van Krankes — Die versorging van die krankes onder die ou dames het spoedig die ernstige aandag van die bestuur getrek, en dit is toe besluit orn met die Diakonessen Huis, Utrecht, Holland, te onderhandel. Met die oog op die opleiding van ‘n verpleegster vir die werk in Dorkas. Mej. S. Stegmann is toe na Holland gestuur vir opleiding as diakones. Die getal inwoonsters was in 1889 41, en toe suster Stegmann van Utrecht teruggekom het kon sy dadelik haar pligte teenoor die krankes waarneem en terselfdertyd ook haar aandag gee aan ander krankes in die gemeente.

Behoefte aan ‘n Hospitaal — Die bestuur het al hoe meer die behoefte begin insien van ‘n hospitaal aan Dorkas verbind. In 1892 is ‘n begin gemaak met die ultbreiding van Dorkas. Deur die edelmoedige toesegging van geld vir die doel van ‘n suster, wie se naam verswyg moes word kon in die volgende jaar die een vleuel van die oorspronklike plan aangebou word. In hierdie nuwe uitbreiding is voorsiening gemaak vir drie ruim vertrekke, elk groot genoeg vir drie pasiente; ook was daar drie kleiner vertrekke vir enkele persone. Die orige kamers sou gebruik word vir die werksters in die hospitaal. Hierdie kostelike uitbreiding kon oprevolg word, danksy nuwe geskenke van dieselfde naamlose dame, daar die voltooiing van die ander vleuel van die gebou. Die aanwins vir die inrigting was groot, t.w. tien nuwe kamers vir Dorkas en ‘n gerieflike woonstel van vier kamers, wat sou dien as woning van ‘n emeritus-predikant wat as pastoor van die Tehuis daar vrye inwoning kon geniet.

Diakones-hospitaal — Die begin by die Diakones-hospitaal was klein, en in die eerste jaar was daar slegs sewe pasiente. Mej. Stegmann het gevra om van Dorkas losgemaak te word sodat sy haar volle aandag aan Diakones-hospltaal kon gee, met vier ieerling-verpleegsters om haar te help. Gedurende die tweede jaar was daar 45 pasiente. In die jaarlikse verslae word melding gemaak van die waardevolle gratis dienste by die hospitaal van drs. Fismer en Petersen. In 1896 was daar 106 pasiente in Diakones en die volgende jaar 157. Vier kamers van Dorkas is toe ingerig om meer ruimte by Diakones te voorsien. In 1898 het suster Stegmann afgetree en is rnej. Ball in haar pIek aangestel. Gedurende die jare van gebrek aan genoegaame hospitaal-voorsienlng in die land, moet Diakones beskou word as ‘n gawe Gods; en duisende krankes kon aldaar verpleeg en versorg word. Vir Dorkas self was dit ‘n onmisbare instelling, want daar kon alle krankes onder die ou dames behoorlike verpleging geniet. Ook van belang is dit dat Diakones gedurende baie jare aansienlike winste kon stort in die tas van Dorkas. In ‘n verslag aan die Sinode tien jaar later, kon melding gemaak word van 1,500 pasiente wat gedurende die jaar deur die hospitaal gegaan bet.

Nog steeds nuwe uitbreiding — Die Jaar 1900 was ‘n jaar van besondere seen vir Dorkas veral as gevoig van die groot erflating van wyle mnr. J. O. Hofmeyr. Hierdie groot geluk het die bestuur in staat gestel om ‘n groot stuk oop grond, hoër op geleë en ook in Breestraat, en in ‘n lyn met die bestaande geboue, aan te koop. Daarop kon toe ‘n doelmatige nuwe dubbelverdieping gebou opgerig word met ruimte vir 24 oues van dae. Die werk is voltooi teen ‘n koste van £6,157, meublement ingesluit, en so kon op die 14de Februarie Dorkas II ingewy word. Spoedig was ook al die kamers in besit geneem. Mej. Heugh is as matrone aangestel. Na aftrede van mej. Ball is mej. Ridges by Diakones as matrone aangestel. Die hospitaal kon toe ook sy eerste opgeleide verpleegster aankondig.

Onderhandelinge met die Sinode — Dit was in 1901 dat die bestuur van Dorkas in ernstlge oorweging geneem het die voorstel van die stigter, ds. Lückhoff, aan die Sinode te vra om die inrigting oor te neem. Ds. Lückhoff was toe van voorneme om af te tree en sy emeritaat te aanvaar, aangesien sy liggaamltke kragte begin afneem het. Die Sinode van 1903 het toe besluit om die inrigting met al sy geboue oor te neem, en die oorname het op 1 Januarie 1904 geskied. Die bestuur het egter vir eens gebiy by die Dameskomitee, waarvan ds. Lückhoff die sekretaris was.

Benoeming van ‘n Sinodale Kommlssie vir Dorkas — In 1916 het ds. A. P. Lückhoff, wat gedurende die vorige twaalf jaar met mev. Lückhoff in die Ebenhaezer-woonstel van Dorkas gewoon het, heengegaan. Sy laaste jare kon by deurbring in die Inrigting as pastoor. Gods leiding met die stigting van Dorkas was ‘n wonderlike ondervinding in sy lewe. Sy geloof en vertroue is nooit beskaamd gemaak nie, en dit was aityd bo wense, bidde en verwagting, en na die rykdom van ‘n algenoegsame Vader in die hemel. In sy rapport aan die Slnode het ds. J. P. van Heerden en oudeniing P. Steyn aldus van horn getuig “Sy gedagtenis en die van sy waardige eggenote ieef nog voort in die Dorkas-tehuis en oefen nog steeds invloed ten goede uit.”

Later Ontwikkeling — As Sinodale Inrigting is die Dorkas-tehuis met die Diakones Hospitaal onder toesig geplaas van ‘n Sinodale Kommissie waarop van tyd tot tyd predikante en ouderiinge van die Skiereiland gedien het, en getrou ook bygestaan is deur ‘n Dameskomitee wat met huishoudelike en inwendige sake bemoeid was. Met reg kan gese word dat die dienste van die Dameskomitee vir die voortsetting van die werk onmisbaar was. Met die Sinode is ‘n verslag van albei kommissies voorgele. Die werk het sy gereelde gang gegaan en altyd kon melding gemaak word van die voorspoed en seen wat op die werk gerus het. Die getal ou dames in die twee tehuise was gemiddeld 73. As opvolger van ds. Lückhoff het wyle ds. W. J. Joubert vir veertlen jaar as pastoor die werk behartig vanuit die woning van Ebenbaeser. en na hom ds. en mev. A. A. Weich. Gedurende die laaste jare het ds. en mev A. A. van Schalkwyk die pligte waargeneem, en na hulle is mnr. en mev. Pretorlus aangestel.

Sluiting van Diakones-hospitaal — Na meer as veertig jaar van gesonde werk is dit raadsaam gevind om die Diakones-hospitaal in 1941 te sluit. Behalwe die waardevolle dienste wat hierdie stigting gedurende so baie jare aan duisende siekes uit alle dele van die land verleen het, het die hospitaal getrou die verpleging van die krankes in die Dorkas-tehuis waargeneem. Selfs kon die hospitaal vir langer tyd aansienlike winste stort in die kas van Dorkas. Later van jare egter het die hospitaal ‘n finansiele las vir Dorkas begin word. Twee redes moet in verband hiermee genoem word. Die eerste was die nuwe reglement van die Mediese Raad in verband met die opleiding van verpleegsters, waardeur dit dan Diakones nie meer toegelaat is om verpleegsters op te lei nie. Die gevolg was dat instede van agt leerling-verpleegsters in diens te hou alleen opgeleide verpleegsters aangestel moes word. Dit het natuurtik soveel groter uitgawes beteken. Die tweede rede was omdat die Volkshospitaal In 1930 as kerklike hospitaal gestig Is, en natuurlik des te beter in staat was om in die behoeftes te voorsien wat vroeer op Diakones gerus het. Van Diakones-hospitaal moet getuig word dat dlt sy bestaan vir meer as veertig jaar volkome geregverdig het: Dit het sy tyd uitgedien en die stigting van die nuwe Volkshospitaal het sy voortbestaan onnodig gemaak.

Ernstige Sake wat die tyd meegebrlng het — Die instandhouding van die Dorkasgeboue, reeds meer as sestig jaar in gebruik, het aansienlike uitgawes aan reparasies van die Kerk geverg, sodat die Bestuurskommissies ernstige aandag moes gee aan die vraag of die tyd nie aangebreek het om ‘n verandering aan te bring nie. Wat die posisie vererg het, was dIe feit dat die omgewing van die tehuise al meer en meer versleg het. Waar vroeer Breë- en Loopstraat as residensiele buurtes van die stad geken was, het dit in later jare van gedaante verander. Breëstraat het al meer en meer ‘n industriële sentrum geword. en biankes het mettertyd die buurt verlaat om deur kieurlinge vervang te word. Op hierdie wyse hat die omgewing van die tehuise steeds meer en meer ongewens geword. Met die nuwe en veranderde eise van die tyd moes ook rekening gehou word. Die voorsiening van pensioene van staatswee vlr oues van dae en die subsidie deur die Departement van Volkswelsyn beskikbaar gestel vir inrigtings vlr oues van dae, het ‘n nuwe uitkyk op hierdie soort liefdadigheidswerk meegebring.

‘n Nuwe Begin — Wat egter die deurslag gegee het vir die bestuur van Dorkas om die Breestraat-omgewing te verlaat om ‘n nuwe begin te maak op ‘n beter gelee en geskikter terreln, was die voorsiening wat nuwe wetgewing aangebring het. Die Nasionale Planne- en Behuisingskommissie is in die lewe geroep met magte om sub-ekonomiese lenings vir die oprigting van gestigte vir oues van dae onder die voordeligste voorwaardes, beskikbaar te stel. Ook kon onder die wet ‘n eie kerklike Nutsbehuisingsmaatskappy in die lewe geroep word, onder beskerming van die Algemene Armesorgkommissie van die Kerk, wat as kanaal sou dien om gebruik te maak van genoemde sub-ekonomiese lenings. Dit alles het die bestuur van Dorkas vrymoedigheid gegee om oor te gaan tot die aankoop vir £10,000 van ‘n waardevolle en aangename landgoed in Rosebank, ‘n voorstad van Kaapstad, en om aansoek te doen deur die kerkllke Nutsmaatskappy vlr ‘n sub-ekonomiese lening van £80,000.

In die Naam van die Here — In die Naam van die Here is die hoeksteen van die nuwe tehuis in Rosebank op 14 April 1951 gelê, en met die seën van die Here, wat tot hiertoe gehelp en bewaar het, sal die inwyding vroeg aanstaande jaar kan geskied. In die nuwe tehuis sal voorsiening wees vir 120 inwoonsters en in die toekoms sal nie meer van hulle verwag word om vir hul eie etes to sorg nie. Die nuwe tehuis sal ‘n moderne gebou wees met al die nodige geriewe. En in die skilderagtige omgewlng sal die toekomstlge inwoonsters seker ‘n soete en aangename oudag kan deurbring. VIak naby word ook ‘n woning vir die pastoor van die inrigtIng gebou en daardeur sal die wense van die onvergeetlike stigter, ds Lückhoff, ook bestendig word.

Name wat nooit vergeet mag word nie — Die name van die groepie dames wat wyle ds. Lückhoff sewentig jaar gelede bygestaan het, is reeds genoem. Met die afsterwe van die oorspronklike susters het andere bygekom om die werk voort te sit: mevroue Steytler, Wicht, Muller, du Plessis. Roos, Marchand en J. A. Smuts. Onder die baie name van dames wat in latere jare getrou hul dienste met opofferende Iiefde aan Dorkas gegee bet, moet twee van hulle wat die langste op die Susterskomitee gedien het, nie vergeet word nie, t.w. mev, ds. 3. P. van Heerden en mev. Jan de Villiers.

Hierdie kort skets van die Dorkas-tehuis word afgesluit met ‘n Skrifwoord wat voorkom op een van die jaarlikse verslae van die lnrigting deur ds. Lückhoff opgestel:

Na aan ons nie, O Here, na aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, en U goedertierenheid, om U trou ontwil” (Ps. 115 :1).

Bron: NG Kerk Jaarboek 1952