DIE C.N.O.-HUIS, PIETERMARITZBURG

Aan die begin van 1951 is die eerste kerkkoshuis van die Ned. Geref. Kerk in Natal geopen. In Natal is daar etlike staatskoshuise, maar die C.N.O.-huis is ‘n skoolkoshuis wat deur die gemeente van Pietermaritzburg-Wes in die lewe geroep is om in ‘n groot nood te voorsien, en staan direk onder beheer van die Kerk. Die Inrigting word beheer dour n kommissie benoem deur die kerkraad van die gemeente van Pietermaritzburg-Wes onder voorsitterskap van ds. H. C. J. Snyders.

Die Natalse Provinsiale Administrasie het etlike staatskoshuise in die provinsie asook te Pietermaritzburg. Van hierdie staatskosbuise is die inrigting in Mayorsweg bedoel vir leerlinge van die Voortrekker-hoërskool, maar hierdie inrigting kon op verre na nie die aanvraag vir losies vir Afrikaanssprekende leerlinge bevredig nie. Afrikaanssprekende ouers was verplig om hul kinders of na Engelsmedium-skole of na Inrigtings buite die
provinsie te stuur. Sommige moes selfs noodgedwonge hul kinders in Roomse inrigtings laat opneem. In 1949 is ‘a addisionele staatskoshuis beiowe vir dogters by die Voortrekker-hoërskool, maar hierdie inrigting staan nog opgerig te word. Die kerkraad van die Ned. Geref. gemeente Pietermaritzburg-Wes het toe pas die C,N.O,-bewaarakool van die F.A,K. gekoop. Hierdie kerkraad het aanvanklik ‘n jeugsentrum beoog en het in werkiikheid die
C.N.O.-bewaarskool vir die doel gebruik. Die gedurige aanvraag vir huisvesting vir leerlinge, nie alleenlik van Natalse ouers nie, maar ook van ouers buite die provinsie, het die gemeente Pietermaritzburg-Wes egter laat beiluit om ‘nkerkkoshuis daar te stel om hierdie nood te verlig. Die C.N.O. bewaarskool is toe teen ‘n aansienlike bedrag deur die kerkraad omgeskep in ‘n buitengewoon doeltreffende koshuis. Nou, slegs sewe maande na die inwyding van hlerdie inrigting, is die inrigting byna vol. Die C.N.O.-huis bied losies aan 60kosgangers en is slegs ‘n klein afstand geleë van die sierlike Voortrekker-Hoërskool wat, volgens sommige kenners, as die mooiste hoërskool in die land bestempel word.

Die kerkraad beoog om die C.N.O.-huis ‘n hoë stempel van karakter opvoeding te laat dra en alle voorsorgmaatreels word getref om slegs die beste te gee. Die personeel word gekeur en die dissipilne is ferm dog simpatiek en natuurlik. Hoewel die inrigting met slegs 30 kosgangers begin het, het die getal in ‘n paar maande gestyg tot 52, sodat daar nog gevrees word dat nie alle aansoeke vir 1952 opgeneem sal kan word nie. Nieteenstaande die beherende kommlssie nog niks gedoen het om die inrigting te adverteer nie, is dit al wyd en syd bekend en stroom aansoeke in van die Oostelike Vrystaat, Swaziland, Oos-Griekwaland en Natalse distrikte. Veral stel die C.N.O.-huis-kommissie hom ten doel om huisvesting aan leerlinge uit ander provinsies aan te bied, daar die staatskoshuise voorkeur gee aan leerlinge uit Natal en hoofsaaklik aan hoërskool-leerlinge, terwyl die C.N.O.-huis leerlinge inneem van sewe jaar tot en met matriek. Die behoefte aan ‘n inrigting van hierdie aard was ongetwyfeld ‘n Ieemte in Natal. Leerlinge van die inrigting woon gewoonlik die Voortrekker Laerskooi en -Hoërkool by. Eersgenoemde is die grootste skool in Natal wat getalle betref, terwyl laasgenoemde ongetwyfeld die mees moderne
hoërskool in ons land is.