Gebore
27 Jul. 1926
OORLEDE
20 Mrt. 1999
UNIVERSITEIT
B.A., Dipl. Teol.
gelegitimeer
1952
ORDEN
1953
STANDPLASe
1953 Salisbury, S.R.
1954 Salisbury-Suid
1958 Soekmekaar
1962 Klipvallei
– 1964 Na Sendingkerk: Soekoekoeniland
EMIRITEER
–
Ds Christoffel HieronymusDelport (BA) 27 Jul. 1926 – 20 Mrt. 1999
Christo Delport is op 27 Junie 1926 Wakkerstroom gebore. Sy vader was vee-inspekteur in daardie Wêreld. Hy h die laerskole op Bergville (1933-1935 New Hanover in Natal (1936-1938) Wartburg (1939-1940) bygewoon. Matriek het hy in 1944 by die Hoërskool Wartburg-Kirchdorff geslaag met onderskeiding in Afrikaans. In sy jong dae h hy krieket en tennis gespeel en ook g boks. Hy het sy lewe lank ‘n besondere voorliefde vir sport gehad.
Hy het as buitemuurse student aan die Universiteit van Pretoria begin studeer ot was bestuurslid van die Vereniging Evangeliegesindes. Nadathy sy BA-graad behaal het, het hy voltyds ingeskryfen Diploma in Teologie in 1952 verwerf, is aan die einde van daardie jaar gele meer. In sy studentejare het hy deei neem aan die destydse KJV, die CS Sendingvrywilliger-Beweging.
Hy was die eerste proponent van P: ria wat na gemeentes in Kaapland en OVS beroep is. Op 3 Oktober 1953 het ‘n beroep aangeneem na die destydse Salisbury in Rhodesië. Kort daarna in Junie 1954 het hy die nuwe gemeente Salisbury-Suid gestig waar ‘n grootskagigi herlewing plaasgevind het.
In Januarie 1954 is hy met ‘n onderwyseres, Isabella Aletta Very, getrou. Flua het nie kinders gehad nie.
In 1958 het hy ‘n beroep na die klein gemeentetjie Soekmekaar inNoord Transvaal aanvaar. In 1962 het hy leraar van dig NG Gemeente Klipvallei naby Vereeniging geword. Vandaar het hy in 1964 tat die NGKA-gemeente Sekhukuneland gts gaan. In 1965 is hy as kapelaan van dii Rhodesiese Weermag beroep en te
hy in hierdie kapasiteit gedien het, was hy ook leraar van die gemeente op Wankii. In 1972 het hy en sy vrou teruggekeer ug Suid-Transvaal waar hy predikant
Elandspoor by Elandsfontein geword hat.
In 1973 is hy benoem as Organiserende Sekretaris van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Johannesburg-streek, ‘n pos wat hy tot en met sy emeritaat op 31 Julie 1991 gevul het. Nadat hy geëmeriteer het, is hy gevra om nog waar te neem tot einde Januarie 1992.
In hierdie pos het hy baanbrekerswerk verrig. Hy het strukture geskep wat gekenmerk is deur deeglike beplanning. So het hy sy besoekprogramme aan gemeentes sorgvuldig opgestel met die oog daarop om die maksimum getal lidmate en predikante in belang van die Bybelgenootskap te bereik. Hy het ook graag donateurs persoonlik ontmoet en bedank. Almal het Christo geken as iemand wat tyd vir kinders en jongmense maak. Die besluit van die Transvaalse Sinodes om dit hulle mikpunt te maak dat elke gemeente die koste van ‘n Bybel per lidmaat per jaar moet bydra vir die Bybelgenootskap, is deur hom geinisieer.
Die Bybelgenootskap was vir hom ‘n Godgegewe roeping en ‘n saak van die hart.
Kenmerkend van hom in sy gesonde dae was sy buitengewone werkywer. Sy belangstelling en diens het ook verder gestrek as werk. Sy lewendige sportbelangstelling het meegebring dat hy ‘n seisoenkaartjiehouer van LoftUSVersfeld was en dat hy die krieketveld van Wanderers soos die palm van sy hand geken het.
Maar ook in die breër kerklike diens het hy ‘n besondere plek volgestaan. Hy het vir dertig jaar lank die data vir die Jaarboek van die NG Kerk behartig. Elke verandering (beroepe, emeritering, bevestigings, statusveranderings) is deur hom (handgeskrewe) in die Jaarboek aangebring. ‘n Reusetaak wat gedurige aandag en konsentrasie geverg het! ‘n Liefdestaak waarvoor hy nie vergoed kan word nie.
En dit alles terwyl hy glad nie ‘n gesonde man was nie. In Januarie 1997, toe hy sy biografiese vorm ingevul het, het hy gemeld dat hy reeds twaalf operasies in die afgelope jare gehad het en twee keer kanker. In daardie stadium skryf hy egter dat “ek tans deur die genade van die Vader gesond is”.
Sy gesondheidstoestand het kort daarna aansienlik verswak en hy moes weer vanaf Oktober 1998 bestraling kry. Hy het al swakker geword en ook ‘n ligte beroerteaanval gehad. Hy het enkele dae voor sy dood geval en nie weer daarna opgestaan nie. Hy is op 20 Maart 1999 in die aftreeoord Ruimtesig oorlede, waar hy en Isabel later gaan woon het.
Met die afsterwe van Christo verloor sy eggenote, familie en vriende ‘n geliefde vriend wat ‘n sprankelende lewenslustigheid gehad het, ‘n innemende geaardheid en ‘n fyn humorsin, gepaard met ‘n diepe geestelikheid en toewyding. Hy was ‘n prediker wat met oorgawe in die diens van die Here gestaan het. Hy het sy boodskappe duidelik, Skriftuurlik en met groot oortuiging oorgedra. Hy het ook meer as die Woord uitgedra, aangesien hy met sy lewe gedemonstreer het wat hy verkondig het. Behalwe sy evangeliese ywer en deursettingsvermoë, was hy ook ‘n goeie verhoudingsbouer en ook ‘n goeie finansier. Hy was ‘n sielesoeker en ‘n geliefde predikant en pastor.
In ‘n stadium het hy verklaar: “Bybelverspreiding is vir my die heel belangrikste werk wat op aarde gedoen kan word en ek dank die Here vir die voorreg om by die hartaar van sy werk op aarde ‘n deeltjie te kon doen”. -Dirk Viljoen aan die hand van sy biografiese vorm en huldigings deur die Bybelgenootskap en Radiokansel. (Jaarboek ).