Deist, Ferdinand Etienne

 

Gebore

09 Aug. 1944

OORLEDE

12 Jul. 1997

UNIVERSITEIT

 MA, DTh, DLitt, US.

gelegitimeer

ORDEN

STANDPLASe

EMIRITEER

DIE dood van Ferdinand Deist het soos ‘n skok deur die kerklike, akademiese en joernalistieke wereld getrek. Hy was met studieverlof saam met sy vrou, Henriette, in Heidelberg Duitsland, en besig met navorsing oor ‘n boek. Hy het skielik by ‘n vuurwerk-vertoning op 12 Julie 1997 begin sleg voel en inmekaar gestort met ‘n hewige hartaanval. Hy het voorheen geen probleem met sy hart gehad nie en was maar 53 jaar oud. ‘n Roerende begrafnis kon eers op 22 Julie op Stellenbosch plaasvind.

Ferdinand Deist is op 9 Augustus1944 in die distrik Piketberg gebore. Hy matrikuleer in 1961 aan die Hoerskool Citrusdal en tree in 1966 in die huwelik met Henriette Mouton, met wie hy saam op skool was. Uit die huwelik is drie kinders gebore naamlik Henk, Jaco en Karen.

Na sy militere opleiding in 1962 by die Lugmag-gimnasium op Valhalla studeer hy vanaf 1963 aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy word in 1972 gelegitimeer. Hy verwerf die grade BA, BA Hons, MA en BTh almal cum laude. Hy studeer ook in Marburg, Duitsland, en verwerf sy doktorsgraad in Semitiese Tale onder leiding van Prof Charles Fensham.

As akademikUSmaak hy vinnig opgang. Hy begin in 1969 by die Universiteit van Port Elizabeth as lektor in Semitiese tale. In 1977 word hy mede-professor in Ou Testament aan Unisa en in 1980 hoogleraar in Ou Testament aan dieselfde universiteit. Vanaf 1992 word hy hoof van Ou Nabye Oosterse Studie aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy ‘n nuwe dimensie verleen het aan die werk wat in die de- partement gedoen is. Hy word genoem ‘the outstanding biblical scholar of his ge- neration in South Africa’.

Wat sy geskrifte betref, kan ‘n mens byna nie glo dat een mens in ‘n kort leeftyd soveel kon vermag nie. Hy skryf 104 artikels in vaktydskrifte en akademiese boeke, is alleen-outeur van vyf akademiese boeke, mede-outeur van vier akademiese boeke en hy skryf ook nog 35 populere teologiese boeke, waarvan die laaste een, As God talm, na sy dood verskyn het. Daarbenewens dra hy ook bykans dertig nasionale en internasionale referate voor.

Hy ontvang verskeie beurse en toekennings, onder meer die Andrew Murrayprys vir Godsdienstige Lektuur wat hy in 1980 en 1988 ontvang. Hy ontvang ook die Alexander von Humbolt-stipendium in 1991. Hy was juis besig om met ‘n Alexander von Humboldt-toekenning in Duitsland navorsing te doen oor ‘n nuwe boek met die voorlopge titel Culture and Interpretation, toe hy skielik oorlede is.

Vir ‘n lang tyd was hy deel van die span wat die rubriek ‘Die Bybel in ons lewe’ oor die radio behartig het. Hy was ook medekontroleerder van die Ou-Testamentiese vertaling van Die Lewende Bybel. Onder sy leiding het daar ‘n sentrum vir Bybelvertaling in Afrika in die Departement vir Ou Nabye Oosterse Studie in 1996 tot stand gekom. Hy skryf vir ‘n lang tyd die godsdiensrubriek Saterdae in Beeld en Die Burger.

Sy storievertel-begaafdheid het hom ook bekend gemaak oor die radio en televisie. In byna geen huisboekrak in die land staan nie een van sy boeke nie. Vir duisende lesers wat geestelike leiding in ‘n postmodeme wereld soek, was by ‘n gids wat die dinge gese wat hulle lankal vermoed het, maar nie wou sê nie.

Op die terrein van die breer samelewing was by vanaf 1988 tot 1991 voorsitter van die Ou-Testamentiese Werkgemeenskap, leier van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se ondersoekspan na die stand van Bybelwetenskappe in Suid Afrika, medewerker van die Sentrum vir Kontekstuele Hermeneutiek aan die Universiteit van Stellenbosch en lid van verskeie Universiteitskomitees.

Prof Deist was ‘n hoogs talentvolle en veelsydige mens. Nie alleen was by ‘n uitmuntende en skerp akademikUSnie, maar ook ‘n uiters gewilde leermeester. Studente wat by horn in die klas was, kan nie uitgepraat raak oor sy toeganklikheid, sy kwinkslae, sy informele manier van klasgee, sy stiptelikheid en deeglike voorbereiding nie.

Benewens al hierdie lofwaardige en hoogstaande dinge, sal hy egter uiteindelik deur sy kollegas, vriende en almal wat sy pad gekruis het, onthou word vir sy diepe menslikheid, sy belangstelling in die alle- daagse lewe, sy vrolikheid, sy aansteeklike geesdrif, sy onblusbare humorsin en sy pretensieloosheid. Deist se werk sal voortleef lank na sy dood. Ons eer sy nagedagtenis.

Hy word oorleef deur sy eggenote en drie kinders en hulle kinders. – (DJ Viljoen, saamgestel uit verskeie berigte en huldigingsgeskrifte. ) (Jaarboek ).