Gebore
2 Sept. 1899
OORLEDE
8 Aug. 1974
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1935
ORDEN
1936
STANDPLASE
Oos-Londen (Hpr.)
1938 Loskop-skema (Arbeider namens die Armesorg, Tvl.)
1939 George (Hpr.)
1940 Otjiwarongo (Hpr.)
1941 Lusaka
1945 Brandvlei
1947 Jansenville
1961 Komga
EMIRITEER
1967
Ds Willem Johannes de Wet, 2 September 1899 in die distrik Calvinia gebore, gaan eers op betreklik late leeftyd vir sy skoolopleiding na Williston. Die skooleindeksamen lê hy op Carnarvon af en sy verdere toerusting vir die bediening ontvang hy op Stellenbosch. Na sy legitimasie einde 1935, arbei hy as hulpprediker in Oos-Londen (1936); op die Loskopskema (1938, in diens van die Transvaalse Armesorg); George (1939) en Otjiwarongo (1940); Daarna staan hy in Lusaka (1942); Brandvlei (1945); Jansenville (1947) en Komga (1961); Na sy aftrede in 1967, vestig hy hom op Riebeek-Kasteel waar hy 8 Augustus1974 tot hoër diens opgeroep word. (Jaarboek 1975/F3).