De Wet, Petrus Arnoldus

Ds. De Wet Petrus
Ds.De Wet Petrus

Gebore

06 Jun. 1903

OORLEDE

23 Febr. 1992

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1934

ORDEN

1935

STANDPLASE

1935 Christiana (Hpr.)

1937 Duplooysburg

1942 Greykerk

1947 Queenstown

1949 Kerkenberg

1953 Willowmore

1956 Bedelia

1960 Greykerk

1962 Potchefstroom-Noord

EMIRITEER

Ds Petrus Arnoldus De Wet, BA, (06 Jun. 1903 – 23 Febr. 1992); Ds De Wet is in 1934 georden en het die volgende gemeentes bedien: Christiana (hulpprediker) (Junie 1935-22 Mei 1937); Duplooysburg (tot April 1942); Greykerk (tot April 1947); Queenstown (tot Junie 1949); Kerkenberg (tot 1943); Willowmore (tot Januarie 1957); Bedelia (tot Mei 1960); Potchefstroom-Noord (tot Junie 1962) en Ventersdorp-Oos waar hy tot met sy aftrede op 26 Januarie 1969 gedien het. Daarna het hy ook nog tydelike diens in Ventersdorp-Oos en in Dwaalboom verrig (tot in 1973); Hy is op 23 Februarie 1992 stil in sy slaap oorlede. “Oom Piet” was, volgens ‘n vriend, selfs op hoë ouderdom nog baie aktief. Hy het nog ‘n sterk stel tennis gespeel en het ‘n besondere gladde vel gehad. Die geheim daarvan was, volgens sy gemeente, om gereeld groot hoeveelhede water te drink. Kenmerkend van hom was sy mooi hantering van en omgang met mense. Hy kon maklik ‘n hele aand deurbring in ‘n huis waar hy dit nodig sou vind. Hy was baie liefdevol en ‘n baie suksesvolle pastor, en ‘n ware man van vrede. Ook sy prediking was iets besonders en altyd boeiend. Sy hele optrede was gemeentegerig. Hy was die vader van twee dogters en een seun, (ds) Jan de Wet, die sanger. Sy eggenote oorleef hom en woon tans in Verwoerdburg. (Jaarboek).