Gebore
1879
OORLEDE
15 Nov. 1938
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1904
ORDEN
1906
STANDPLASE
Wakkerstroom (Hpr.)
1906 Volksrust
EMIRITEER
–
Ds. Jacobus Ignatius de Wet is gebore op 29 Maart 1879. Na voltooiing van sy studie is hy gelegitimeer in 1904. In 1906 het hy die beroep na die gemeente Volksrust aangeneem, sy eerste en enige gemeente, waar hy as ‘n Daniel pal gestaan het in die hete stryd tot sy dood. Na ‘n lang siekbed is hy op 15 November 1938 te Volksrust oorlede en aldaar ter ruste gelê. (Jaarboek ).