Gebore
3 Mei 1894
OORLEDE
1972
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1917
ORDEN
1918
STANDPLASE
1918 Meru
1924 Bloemfontein-Noord (hulpprediker.)
1925 Lusaka
1928 Bloemfontein-Noord
1937 Salisbury
1944 Trompsburg
1951 Greytown
EMIRITEER
1959
Dr. Hendrik Christoffel de Wet het die eerste lewenslig op 3 Mei 1894 in die distrik Caledon aanskou en sy skoolopleiding aan die hoërskool aldaar ontvang. Hy word in 1917 gelegitimeer en in 1918 in Meru bevestig ‘n gemeente wat die destydse Duits en Brits-Oos-Afrika (tans Kenia en ‘n deel van Tanzanië) ingesluit het en waar sy baanbrekerswerk met groot vrug bekroon is. In 1921 vertrek hy na Amerika om aan die teologiese skole van Princeton en Louisville te studeer en sy doktorale proefskrif te voltooi. Na ‘n uitgebreide reis deur Europa en die Bybellande, keer hy in 1924 na, sy Vaderland terug. Hy word eers hulpprediker in Bloemfontein-Noord en toe predikant van Lusaka (1925); Bloemfontein-Noord (1928); Salisbury (1937); Trompsburg (1944) en Greytown (1951) tot 1959 toe hy emeritus word. Later help hy in gemeentes, asook met hospitaal arbeid. In Natal was hy aktuarius van die sinode. Tot op die laaste het hy student met ‘n wye belangstellingsveld gebly. Sy vriendelike en innemende geaardheid, saam met sy opregte nederigheid, het die hoë agting van almal gewek. (Jaarboek 1973/465).