De Wet, Hendrik Christoffel * 1853

 

Gebore

20 Jan. 1853

OORLEDE

7 Nov. 1926

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1880

ORDEN

1881

STANDPLASE

1881 Villiersdorp

1893 Alexandria

1903 Greytown

EMIRITEER

1911

Ds. Hendrik Christoffel de Wet.: Gebore 20 Januarie 1853. Oorlede 7 November 1926.

Ds. de Wet was ‘n seun van die gemeente Robertson, en het sy opleiding aan die Kweekskool op Stellenbosch ontvang. Op 14 Mei 1881 is hy georden as predikant van Villiersdorp en daar het hy 12 jaar lank gearbei, totdat hy in Junie 1893 na Alexandria vertrek het. Tien jaar het hy hier gewerk en in November 1903 het hy in beroep na Greytown (Natal) aangeneem. In 1911 is hy weens swakke gesondheid uit die diens getree, maar alhoewel hy nie meer in staat was om ‘n gemeente te bedien nie, het hy nie met gevoue hande in ‘n leunstoel gaan sit nie. Beide op Brandfort waar hy na sy emeritaat gaan woon het,  en op Worcester, waar hy hom in latere jare gevestig het was hy altyd gereed met woord en daad die helpende hand te bied in die gemeentelike aangeleenthede. Sy belangstelling in die werk van sy Heer was groot en hartelik. Hy was een van die oprigters van die Predikante Sending Vereniging in 1886 en het tot aan die end ‘n warme Sendingvriend gebly. Meer as een nuttig geskrif van sy hand het die lig gesien en sy briewe wat af en toe in die publieke pers verskyn het, het bewys gelewer van sy waaksame belangstelling in die welsyn van sy volk. (Jaarboek).