De Wet, Cornelis Willem

Ds.De Wet Cornelis

Gebore

10 Jun. 1895

OORLEDE

1 Jan. 1962

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1920

ORDEN

1921

STANDPLASE

Kroonstad (Hpr.)

1922 Thaba Nchu

1929 Marquard

1949 Balfour

EMIRITEER

1961

Ds. Cornelis Willem de Wet is op 10 Junie 1895 in die distrik Dordrecht gebore, en is in 1920 op Stellenbosch gelegitimeer. Hy was eers hulpleraar op Kroonstad, daarna predikant van Thaba Nchu en Marquard. Tydens sy twintigjarige bediening in laasgenoemde gemeente het hy twaalf jaar met groot toewyding as scriba van die Vrystaatse Sinode opgetree. Van 1949 af het hy in Balfour (Tvl.) gestaan, tot sy emeritaat in Februarie 1961. Toe is hy tot kurator van die Hugenotemuseum op Franshhoek benoem, waar hy op 1 Januarie 1962 skielik oorlede is in die ouderdom van 66 jaar. (Jaarboek ).