Gebore
17 Jun. 1896
OORLEDE
11 Okt. 1988
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1928
ORDEN
1929
STANDPLASE
1929 Heidelberg, Tvl. (Hulpprediker.)
1930 Heidelberg, Tvl.
1935 Amersfoort
1941 Witbank
1948 Hartbeesspruit
EMIRITEER
1964
Johannes PetrusWouter De Vries (17 Jun. 1896-11 Okt. 1988) is op Willowmore gebore en was getroud met Yda de Klerk. Hy studeer aan die Kweekskool op Stellenbosch, en nadat sy studies a g v siekte onderbreek is, word hy in 1928 gelegitimeer. Hy bedien daarna die gemeentes Heidelberg, Transvaal (1929-1935); Amersfoort (1935-1941) en Witbank (1941-1948); As predikant van lg gemeente het hy in 1942 die begrafnis van die voormalige Eerste Minister, genl J B M Hertzog, waargeneem. In Junie 1948 word hy in die Pretoriase gemeente Hartbeesspruit bevestig en aanvaar sy emeritaat in 1964. Ds De Vries word onthou as ‘n waardige leraar, liefdevolle en toegewyde pastor, sendingvriend by uitstek en gebedsman. Daarbenewens het hy beskik oor ‘n fyn humorsin en groot liefde vir die skone kunste, veral kerkmusiek. Sy vrou het in verskeie gemeentes as orreliste gedien. Deur sy inspirasie het sy KJV groep onder die Indiërs begin sendingwerk doen. Ds Perold de Beer, ‘n voormalige KJA-lid van Hartbeesspruit, staan vandag nog voltyds in die Indiërsending. Tydens Ds De Vries se bediening het sy gemeente ‘n kapel by die destydse Vlakfontein (Mamelodi) Kraamhospitaal opgerig. Danksy sy deursettingsvermoë is ook ‘n sierlike kerkgebou opgerig. Daarin word iets weerspieël van sy liefde vir die estetiese en veral ook van sy groot liefde vir sy Meester. Hoe gepas is die woorde op sy grafsteen: “Vir my is die lewe Christusen die sterwe wins”. Ds De Vries word oorleef deur sy eggenote asook ‘n seun en ‘n dogter. (Jaarboek ).