Gebore
3 Sept. 1872
OORLEDE
13 Apr. 1961
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1898
ORDEN
1899
STANDPLASE
1929 Alexandria
EMIRITEER
1938
Ds. PhilippusAlbertUSMyburgh de Vos is op 3 September 1872 gebore. Na sy legitimasie in 1898 het hy as proponent op Kakamas gearbei ten tyde van die stigting van die kerknedersetting daar. Die volgende jaar is hy as leraar van die Gemeente Zastron bevestig, waar hy dertig jaar lank gearbei het. Gedurende. die Tweede Vryheidsoorlog het hy as vrywillige kampleraar saam met wyle ds. A. F. Louw na St. Helena gegaan, waar hy dertien maande lank die krygsgevangenes bearbei het. In 1929 is hy na Alexandria, waar hy geseënde werk gedoen het tot sy emeritaat in 1937. Hy is op 13 April 1961 oorlede, in die ouderdom van 88 jaar. (Jaarboek ).