Gebore
9 Aug. 1921
OORLEDE
10 Jul. 1953
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1946
ORDEN
1947
STANDPLASE
EMIRITEER
–
Ds. Konstant de Vos is op 9 Augustus1921 gebore en is op jeugdige ouderdom as gevolg van ‘n motor-ongeluk oorlede op 10 Julie 1953. Hy is in 1946 gelegitimeer en 1947 as eerste leraar van Port Nolloth, wat kort tevore van die gemeente Namakwaland afgestig is, bevestig. Met groot ywer en toewyding het hy die gemeentelike werk behartig en gedurende die ses jaar wat hy die jong gemeente bedien het, is hy tot groot seën deur die Here gebruik. Sy skielike heengaan het onuitwisbare indruk op baie gemaak. Hy laat ‘n jong weduwee na met wie hy slegs ses maande voor sy heengaan in die huwelik getree het. (Jaarboek ).