De Vos, Hendrik Johannes * 1926

Ds. De Vos Hendrik

Gebore

04 Mei 1926

OORLEDE

13 Nov. 1996

UNIVERSITEIT

US

gelegitimeer

1953

ORDEN

1954

STANDPLASE

1954 George-Suid

1956 Somerset-Oos

1965 Port Elizabeth-De Duin.

EMIRITEER

22 September 1991

Ds Hendrik Johannes De Vos BA. Hons 04 Mei 1926 – 13 Nov. 1996

`Tjoks’ De Vos, soos almal hom geken het, se verhaal begin op 4 Mei 1926 op Ladysmith, waar hy, as seun van die bekende ds HJ de Vos en sy vrou, gebore is. Die gesin vertrek later na Johannesburg waar sy vader vir baie jare hoof van die Abraham Kriel-Kinderhuis was. Hier gaan by skool en word by hoofseun van die bekende Hoerskool Helpmekaar in Johannesburg.

Aanvanklik beplan hy om hom in ‘n mediese rigting te bekwaam en gaan daarom vir een jaar na die Universiteit van die Witwatersrand. In hierdie tyd roep die Here hom egter tot die bediening en gaan hy vir sy teologiese opleiding na Stellenbosch. Hier word by die primariusvan Helderberg, lid van die Studenteraad (vanaf 1948) en voorsitter van die Studenteraad (1952) en die Interkoshuiskomitee.

Hy speel in die jare tennis, neem deel aan atletiek en speel heelagter in die universiteits-rugbyspanne, by geleentheid ook eerstespan. Hy word in 1953 gelegitimeer.

Sy eerste gemeente is George-Suid, waar by op 4 September 1954 georden word. Pas daarna is by getroud (op 21 Oktober 1954) met Elizabeth (Baby) van Zyl. Uit die huwelik is drie kinders gebore, naamlik Hennie, Hester en Helena. Daar is ook reeds vier kleinkinders.

Op 18 Augustus 1956 word hy op Somerset-Oos bevestig, waar by nege jaar arbei en dan op 7 Augustus 1965 bevestig word in Port Elizabeth De Duin waar by bly tot en met sy aftrede na 26 jaar, op 22 September 1991.

Die grootste deel van sy bediening was dus in die Oos-Kaap en bier het hy diep spore getrap. Vanaf 1977 dien by as lid van die Sinodale Kommissie, en vir die grootste gedeelte, van die Dagbestuur. By verskeie sinodes tree by ook op as assistent-skriba. Vanaf die afstigting van die sinode dien by in die Kommissie vir Administrasie, waarvan sewentien jaar as voorsitter, asook iemand wat dit geniet het om houtwerk te doen. Hy het geglo in harde en eerlike werk.

‘n Paar jaar voor sy dood het by geleidelik begin verswak, onder meer weens diabetes, probleme met sy are en nierversaking. Uiteindelik is hy twee keer in die hospitaal opgeneem en het daar stil heengegaan op 70-jarige ouderdom op 13 November 1996. Met nederige eenvoud is hy ter aarde bestel. In die woorde van ‘n vriend se aanhaling: Wees stil, daar gaan ‘n man verby – (Di Viljoen, saamgestel uit stukke van Hannes Nieuwoudt, Pierre Jordaan en mev Baby de Vos.) (Jaarboek ).