De Villiers, Thomas Gideon

Gebore

15 Sep. 1901

OORLEDE

11 Feb. 1978

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1932

ORDEN

1933

STANDPLASE

Oudtshoorn

EMIRITEER

Ds Thomas Gideon (Tommie) De Villiers (15.9.1901 – 11.2.1978) was een van drie broers wat lang en geseënde diens in die Ned Geref Sendingkerk verrig het. In 1932, na sy opleiding op Wellington, wy hy sy hele bediening van 37 jaar, tot met sy emeritaat in 1970, aan die sendinggemeente Oudtshoorn. In die gemeenskap van die groot dorp en belangrike distrik in die Klein-Karoo was hy ‘n bekende figuur en ‘n man wat op sy eie beskeie wyse baie vir die onderwys, die opvoeding en die maatskaplike opheffing van die Kleurlinggemeenskap gedoen het. Hy het diep spore in die groei en ontwikkeling van die sendinggemeente aldaar getrap. (Jaarboek 1979/267).