De Villiers, Pieter Gideon Retief

 

Gebore

OORLEDE

7 Mei 1964

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1909

ORDEN

1911

STANDPLASE

1911 Mosselbaai

1920 Colesberg

1922 Knysna

1927 George

EMIRITEER

1957

Ds. Pieter Gideon Retief de Villiers is in 1909 as sendeling gelegitimeer, en het ‘n lang en vrugbare bediening in die Sendingkerk gehad. Sy eerste gemeente was Mosselbaai; daarna het hy die gemeentes Colesberg, Knysna en George (laasgenoemde gemeente 30 jaar Iank) bedien. In 1957 het hy sy emeritaat aanvaar. Van hom word getuig dat hy iemand was wat die hart van die Sendingkerk geken het uitnemend toegerus was met toewyding, insig en praktiese aanvoeling vir die eise van sy ampswerk. Hy is op 7 Mei 1964 in die oudedom van 81 jaar oorlede. (Jaarboek).