De Villiers, Hendrik Jacobus * 1883

 

Gebore

12 Mei 1883

OORLEDE

28 Jun. 1936

UNIVERSITEIT

gelegitimeer

1923

ORDEN

1924

STANDPLASE

1924 Umtali

1929 Delmas

EMIRITEER

Ds. Hendrik Jacobus de Villiers is 12 Mei 1883 op Worcester gebore. Op 17-jarige ouderdom tot bekering gekom, het hy hom, nadat hy eers enkele jare in besigheid was, geroepe gevoel tot die evangeliebediening en met die doel is hy kweekskool toe. Weens swakke gesondheid is sy studie onderbreek. In 1923 kon hy dit egter hervat en nog dieselfde jaar is hy gelegitimeer. Sy eerste werkkring was George as hulpprediker (1924); Daarna het hy ‘n beroep aangeneem na Umtali, S.R., waar hy gearbei het tot 1929, toe hy leraar geword het van die gemeente Delmas, Tvl. Hier het hy gestaan tot aan sy dood op 28 Junie 1936. In albei sy gemeentes het hy met toewyding en seën gearbei. lemand wat hom goed geken het, skryf “..dat hy ‘n besonder kinderlike en toegewyde kind en dienskneg van die Here was en ‘n wyse man van gebed.” (Jaarboek ).