De Villiers, Dion Rene

Ds. De Villiers Dion

Gebore

20 Jun. 1929

OORLEDE

07 Sept. 1990

UNIVERSITEIT

 B.D., M.A.

gelegitimeer

1952

ORDEN

1953

STANDPLASE

1953 Pietersburgsendinggemeente

1958 Meadowlands

1960 Dosent Teologiese Skool Witsieshoek en sendeling Witsieshoeksendinggemeente.

EMIRITEER

Prof Dr Dion Rene De Villiers, BA, BD, MA, DD (20 Jun. 1929-07 Sept. 1990);

Prof Dion de Villiers, rektor van die Teologiese Skool te Witsieshoek, en sy vrou, Safie, was op 7 September 1990 op pad na Barberton waar hy sy kleinseun sou doop. Naby Carolina het ‘n baal sisal van ‘n verbygaande vragmotor op die enjinkap van hulle motor geval. Prof De Villiers is op slag dood terwyl sy vrou met gesig- en kopbeserings in die hospitaal opgeneem is. Sy het so herstel dat sy haar man se begrafnis kon bywoon.

Dion Rene de Villiers was die seun van wyle ds en mev S de Villiers en ‘n broer van mnr Steve de Villiers, vroeër van die SAUK. Hy is op 20 Junie 1929 gebore. Sy universiteitsopleiding het by aan die Universiteit van Pretoria ontvang waar by die grade BA, BD en MA (Semitiese tale) verwerf het en in 1972 ook die DD-graad. Sy proefskrif het gehandel oor: “Die agtergrond en ontwikkeling van teologiese opleiding deur die Ned Geref Kerk in Suid-Afrika” met besondere verwysing na die Stofberggedenkskool. Die proefskrif het ook in boekvorm verskyn.

Na sy legitimasie in 1952 het by vanaf 1953-1964 drie gemeentes van die NG Kerk in Afrika (NGKA) bedien: Pietersburg, Meadowlands en Witsieshoek. In 1960 het by dosent en in 1980 rektor van die Teologiese Skool te Witsieshoek geword. Met die totstandkoming van die Teologiese Fakulteit aan Uniqwa (‘n tak van die Universiteit van die Noorde) het by departementshoof geword.

Dion de Villiers was vir 20 jaar my vriendelike, meelewende en hulpvaardige kollega, lojaal, bekwaam, toegewyd, hardwerkend en ‘n sieraad vir sy beroep. In meer as een opsig was by ‘n fondamentlegger, eers van die nuutgestigte Teologiese Skool te Witsieshoek en daarna van die Fakulteit Teologie aan Uniqwa. Kollegas en studente het die hoogste waardering vir hom gehad.

Ook op maatskaplike en kulturele, gebied het by voluit sy bydrae gelewer. Hy was baie jare lank lid en voorsitter van die beheerraad van die laerskool te Witsieshoek en kommandant en streekleier van die Voortrekkers. Hy het ‘n belangrike kerklike kommissies gedien, onder andere die studiekommissie van die Algemene Sinode van die NGKA. Hy sou juis in die weke ra sy dood die vergaderings van die Streeksinodes van Phororo en die Oranje-Vrystaat en die Algemene Sinode van die NGKA bywoon. In die gemeente Kestell (NGK) waarvan by voorheen lidmaat was, het hy dikwels as ouderling gedien.

Die waardering en liefde vir prof De Villiers het geblyk toe ‘n groot getal mense uit die NGK en NGKA sy begrafnisdiens wat op Witsieshoek plaasgevind bet, bygewoon het. Huldeblyke is gelewer deur dr T K Mope- die, hoofminister van Qwaqwa, prof Werner Modinger, viserektor van Uniqwa, en ds L. Erasmus, sendingsekretaris in die Oranje-Vrystaat. Die diens is gelei deur prof A A Odendaal.

As ons aan prof De Villiers dink, is daar ten spyte van ons hartseer en verslaentheid, een oorheersende drang, naamlik om God te loof en te dank vir die wonderlike gawe wat Hy in die persoon van Dion aan ons almal wat hom geken en liefgehad het, geskenk het. Mag sy vrou en sy kinders en almal wat oor hom treur ondervind dat “wie op die Here vertrou, die omvou Hy met sy liefde”. – Prof Andries Odendaal. (Jaarboek ).