Gebore
5 Apr. 1904
OORLEDE
26 Jul. 1988
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1931
ORDEN
1933
STANDPLASE
1939 Edenville
1946 Frankfort
1949 Warden
EMIRITEER
–
Ds JacobusJohannes De Necker (5 Apr. 1904-26 Jul. 1988) is in 1931 gelegitimeer. Hy bedien agtereenvolgens die volgende gemeentes: Sedert 25 Febr. 1933 Koppies, 12 Aug. 1939 Edenville, 9 Febr. 1946 Frankfort en sedert 29 Okt. 1949 tot met sy aftrede op 25 Apr. 1971 Warden. In Warden was hy onder andere voorsitter van die skool-kommissie van die Hoërskool Dirkie Uys en voorsitter van die Langpuntgeloftefeeskomitee. Gedurende sy bediening was hy ook voorsitter van die Sinodale Kommissie vir Orde van die NG Kerk in die Vrystaat en skriba van die Ring van Harrismith.
Ds De Necker se eerste vrou is in 1965 oorlede. Hy word oorleef deur sy tweede vrou, Edie, ‘n seun, twee dogters, tien kleinkinders en drie agterkleinkinders. Vir die NG Gemeente Warden vanuit wie se kerk hy begrawe is, was ds De Necker ‘n goeie vriend, godsman en vader. (Jaarboek ).