
Gebore
1906 Aug. 10
OORLEDE
8 Mei 1959
UNIVERSITEIT
–
gelegitimeer
1934
ORDEN
1935
STANDPLASE
1938 Albertinia
1945 Parys
1948 Bloemheuwel
1952 Riversdal
1957 Onderstepoort
EMIRITEER
–
Ds. Pieter Willem de Lange is in 1934 gelegitimeer en die volgende jaar as die eerste predikant van die nuut gestigte gemeente Bellville georden en bevestig. Vervolgens het hy die gemeentes Albertinia, Parys, Bloemheuwel, Riversdal, Onderstepoort en Capital Park bedien. “Hy was ‘n harde werker. Sy huisbesoek het hy gereeld, getrou en deeglik gedoen. ‘n Gemeente wat hom as herder gehad het, het iemand gehad by wie die bediening ‘n saak van erns was. As mens was hy ‘n vriend om te begeer en ‘n teenstander om te vrees.” Tot aan die einde van sy lewe het hy student gebly. Hy is op 8 Mei 1959 baie skielik oorlede in die betreklik jeugdige ouderdom van 52 jaar.v (Jaarboek ).