De Lange, Pieter Nicolaas Viljoen

Ds. De Lange Pieter

Gebore

11 Des. 1904

OORLEDE

5 Jun. 1958

UNIVERSITEIT

1982, BTh 1981, LisTeol 1982

gelegitimeer

1933

ORDEN

1934

STANDPLASE

Goodwood

1937 Riversdal

1941 Burgersdorp

1944 Brandfort

1951 Burgersdorp

1955 Villieria

EMIRITEER

1958

Ds. Pieter Nicolaas Viljoen de Lange is in 1904 in die distrik Elliot gebore. In 1933 is hy as predikant gelegitimeer en die volgende jaar in Goodwood georden. Hy het in sy leeftyd ook die gemeentes Riversdal, Burgersdorp (twee keer); Brandfort en Villieria bedien. Onder meer was hy stigterslid van die Reddingsdaadbond en hoofbestuurslid van die Strewersvereniging. In sy bediening het hy onverskrokke teen die euwels van die maatskappy opgetree, en in die meer intieme, persoonlike omgang met sy gemeentelede het hy nie geskroom om enige sonde by die naam te noem nie, maar daarby het hy altyd ‘n woord van bemoediging of vertroosting vir die moedelose, bedroefdes en heilbegeriges gehad. In 1958 het hy die bediening neergelê om volksraadslid te word en sy volk so in breër kring te dien, maar nog voordat hy na die Volksraad kon gaan, is hy en sy eggenote op 5 Junie 1958 skielik in ‘n motorongeluk oorlede. (Jaarboek).